kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 9

Joanie Combrink, Chris van Niekerk, Deon Lotz, Waldimar Schultz, Illse Roos en Margit Meyer-Rödenbeck, bekend vir haar Dowwe Dolla-karakter. Maar ons het ook jong spelers soos Albert Pretorius en Roeline Daneel gebruik.” ’n Mond vol, en ’n vertoonkas van ons beste akteurs en aktrises. “Een van die groot voordele wat ons met hierdie reeks gehad het, is dat ons elke episode van begin tot einde klaargemaak binne sewe dae – dit was dus nie nodig om tussen episodes rond te spring nie,” sê Louis. “Vandag is dít ’n luukse, en die akteurs geniet dit geweldig. Hulle kan hulle in die rol inwerp en hulle karak­ter goed afrond. Dit bring ook inte­ ressante karakterisering na die reeks.” In dié sewe dae moes die span hard werk om klaar te kry. “Ons het gesien internasionale reekse wat in Suid-Afrika verfilm word, skiet twee tot drie bladsye van die draaiboek per dag. Ons skiet tussen tien en twaalf om by ons skedule te hou,” sê Albert. BOLAND MOORDE 2 SPEEL AF op Stellenbosch, in die Strand en op Somer­ set-Wes. “Die produksiewaarde van die nuwe reeks is baie hoër as die eerste een,” sê Louis. “Én die omvang groter.” “Die eerste reeks was as ’t ware ’n eksperiment,” sê Albert. “Ons moes kyk of die konsep werk en of kykers van die langer formaat hou. Dit is ook vyf jaar nadat ons die eerste reeks gemaak het, en ek en Louis het intussen elkeen ’n gesin van ons eie gekry, ander werk gedoen én gegroei. Ek glo ons het meer volwasse omgegaan met die nuwe reeks.” Louis en Albert was ook verantwoordelik vir die gewilde Die Boekklub. (Goeie nuus: In Maart 2017 begin die verfilming van Die Boekklub 2.) “Ek is klaar geskryf aan episode tien en kan nog nie te veel vertel nie, behalwe dat daar reeds baie in episode een gebeur,” sê Louis. ‘Kykers moet die raaisel geniet. Die reeks moet jou uitdaag en laat kopkrap. Ek glo ons het dit reggekry.’ “En die nuwe reeks van Boland Moorde is geïnspireer deur plekke wat ons in die eerste reeks van Die Boekklub gesien en by gewerk het,” sê Albert. “Ons het byvoorbeeld in Die Boekklub geskiet op ’n plaas waar daar baie troues gehou word. Ons het so baie van die plaas en die mense daar gehou dat ons nie anders kon as om dit weer te gebruik nie – daarom is daar in die nuwe Links Stian Bam, Ebby Weyime, Tinarie Van Wyk Loots en Brendon Daniels op die stel van Boland Moorde 2. Middel Louis Pretorius (links) en Albert Snyman is aan die stuur van sake by dié gewilde reeks. Regs Ebby Weyime, Tinarie Van Wyk Loots, Nicole Holm en Marlon Minnaar. Boland Moorde ’n episode oor ’n groep vroue wat troues reël... en dan is daar ’n moord.” Die produksie van Boland Moorde 2 het in Mei vanjaar begin en daar is weer, soos met die vorige reeks, regdeur die winter geskiet. “Daar was een toneel waar ’n ‘lyk’ in ’n veld gevind word,” vertel Albert. “Dit was in die aand en baie koud. Die akteur wat die ‘lyk’ was, moes sy asem inhou omdat elke asemteug ’n wasemwolk bo sy mond gemaak het!” Wie gaan die nuwe reeks geniet? “Ons probeer mense nie skok of bangmaak nie,” sê Louis. “Kykers moet die raaisel geniet. Die reeks moet jou uitdaag en laat kopkrap. Ek glo ons het dit reggekry.” “Daar is beslis nuwe raaisels,” sê Albert. “Ons het voor die tyd gedink wat ons kan doen wat anders is – en die situasies waarmee ons werk, is meer uitdagend. Boland Moorde 2 is nie voor die hand liggend nie. Ons glo dit gaan kykers vasgenael hou.” > Boland Moorde 2 Vanaf Dinsdag 14 Februarie 2017 om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 9