kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 8

2017- HOOGTEPUNT
BOLAND MOORDE
2017- HOOGTEPUNT

8

NAELBYT-

EPISODES ...

Kykers kan hulle tande slyp vir die tweede reeks van Boland Moorde wat in Februarie afskop . Ons gesels met die baasbreine agter die verhaal .
8

Die agt episodes is soos agt flieks – ’ n uur en ’ n half se whodunnit-genot waar die kyker tot die einde ingetrek en aan die wonder gehou word . Dít is wat die skrywers en vervaardigers van die nuwe Boland Moorde , Louis Pretorius en Albert Snyman , belowe .

“ Die reeks het dieselfde formaat as die eerste een , maar dis nou vier jaar later en die ondersoekeenheid lyk effens anders as in die eerste reeks ,” sê Louis . “ André Fourie ( Stian Bam ) en Shane Williams ( Brendon Daniels ) is nog daar , maar hulle nuwe assistent in die kantoor word nou deur Nicole Holm gespeel . Daar is ook ’ n nuwe patoloog , Rachelle de Jager , wat deur Tinarie van Wyk Loots gespeel
word . Mbulelo Grootboom is die nuwe kolonel én daar is ’ n nuwe forensiese spesialis , Busi , wat deur Ebby Weyime gespeel word . Marlon Minnaar speel nog die rol van Japie , die IT-spesialis .”
Omdat die episodes elk ’ n uur en ’ n half lank is , kry kykers die kans om die karakters behoorlik te leer ken .
“ In Boland Moorde wys ons altyd eers ál die karakters sodat kykers vroeg al kan begin wonder wie die een is wat vermoor gaan word . Die episodes het dus almal ’ n langer aanloop wat die kyker van die begin af intrek ,” sê Louis . “ Ons het met die nuwe reeks ook meer geëksperimenteer met die stories . Boland Moorde is nie melodrama nie en dis ook nie ’ n reeks waarin die episodes op mekaar
volg nie . Elke week is daar iets nuuts .”
Vir die nuwe reeks is vier regisseurs gebruik . Louis en Albert het elkeen twee episodes behartig , met die veteraanregisseur Regardt van den Bergh en Jaco Bouwer , bekend vir sy werk in die teater , wat ook twee elk gedoen het . Al die episodes behalwe een ( deur Beer Adriaanse ) is deur Louis en Albert geskryf .
Buiten die hoofspelers wat in elke episode speel , is ’ n magdom gesoute en nuwe spelers vir die reeks gekry .
“ Ons het 88 akteurs in die agt episodes gebruik ,” sê Louis . “ Omdat dit so ’ n groot rolverdeling is , kon ons nuwe gesigte wys . In elke episode is daar egter groot name – mense soos Albert Maritz ,
kykNET | UITGAWE 4 | 2016