kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 7

Vier dae lank is daar by die Silwerskermfees in Kampsbaai rolprente gepraat, gekyk en beleef. REGS Pulane Sekepe en Fezile Mpela was te sien in die kortfilm Spoor(loos). MIDDEL Marlene le Roux van Kunste­ kaap en die akrise Sandra Prinsloo het die fees bygewoon. Bo Angelique Gerber en Elzabé Zietsman by die première van Dis Koue Kos, Skat. Links Amalia Uys, Ivan Botha, Cobus van den Berg (filmvervaardiger) en Donnalee Roberts kuier saam. Bo Christia Visser, Quanita Adams en Brendon Daniels by die première van Tess. Aardklop se hart klop weer sterk Vanjaar is weer goed gekuier by die nuwe Aardklop op die ou terrein op die dorp. kykNET was natuurlik deel van die aksie. Onder Irma en Sampie de Klerk van Newcastle, wie se liefdesver­ haal vir die speelfilm Vir die Voëls verfilm is (lees ons storie op bl. 8), het Aardklop bygewoon. Hier is Irma (heel links) en Sampie (heel regs) by Francois Jacobs, Karen Meiring en Simoné Nortmann. Francois en Simoné speel die rolle van Irma en Sampie in die fliek. Bo kykNET het in samewerking met Aardklop ’n kompetisie aange­ bied waar ’n feesganger ’n nuwe motor kon wen. Die wenner was Karlien van Aswegen. Van links is Dewald van Breda (voorsitter van die Aardklop-direksie), Karen Meiring, Cherize van Wyk (geleent­ heidkoördineerder by kykNET), Angerie van Wyk (bemarkings­ bestuurder van kykNET), Karlien, Shaun Holworthy (bemarkings­ assistent by kykNET) en André Geldenhuis (Aardklop-direksielid). 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 7