kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 6

kykNET-GLANS Wat ’n fees van flieks! Die toekenningsaand by die Silwerskermfees was ouder gewoonte ’n glansaand soos min. Die fees is by The Bay-hotel in Kampsbaai, Kaapstad, gehou. Bo, van links Erica Wessels is aangewys as die beste aktrise in ’n kortfilm vir haar spel in Vlees van My Vlees; Christaan Olwagen het die toekennings as beste regisseur én beste draaiboek gewen vir Johnny is Nie Dood Nie; Christia Visser het die toekenning as beste aktrise gewen vir die speelfilm Tess. Sy was ook te sien in die kortfilm Die Bok. Onder Noem My Skollie se Tarryn Wyngaard en Dann-Jaques Mouton by die toe­kennings. Noem My Skollie is vir verskeie Silwerskerm-toekennings benoem en is ook Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir beste rolprent in ’n vreemde taal vir die Oscars in 2017. 6 Bo Karen Meiring, hoof van kykNET-kanale by M-Net, en Yolisa Phahle, uitvoerende hoof van M-Net, by die toekenningsaand. Yolisa, wat al verskeie groot filmfeeste reg oor die wêreld bygewoon het, sê die Silwerskermfees is een van die bestes waar sy nog was. kykNET | UITGAWE 4 | 2016 Bo Drie spelers van Johnny is Nie Dood Nie is vir hulle spel bekroon. Albert Pretorius is aangewys as beste akteur, terwyl Illana Cilliers as beste vroulike byspeler en Ludwig Binge as beste manlike byspeler bekroon is.