kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 47

Jy kan die kerke besoek , tuis gemaakte pasta met truffels en olyfolie eet , en na die groen vallei onder jou kyk .
• Die Seychelle-eilande . My selfoon wou nie werk nie . Ek was werklik met vakansie . Lui lekker dae in die son , verfrissende dips ... en nie één e-pos of oproep nie .
3 gunstelingkleding stukke
• Rokke met kant-detail
• Rokke met bold prints
• Rokke in klassieke snitte
Gunstelingwoord Trapsuutjie . Of kafoefel .
Gunstelingaanhalings
• “ When you talk , you are only repeating what you already know . But if you listen , you may learn something new .” – Dalai Lama
• “ Success is liking yourself , liking what you do , and liking how you do it .” – Maya Angelou
• “ Don ’ t ask yourself what the world needs . Ask yourself what makes you come alive , and go and do that , because what the world needs is people who come alive .” – Howard Thurman
3 gunstelingkunswerke
• “ A Sunday Afternoon on the Island of La Grande Jatte ” deur Georges Seurat
• “ Girl and Balloon ” deur Banksy
• “ Freshness of Cold ” deur Leonid Afremov
Gunstelingjeugherinnering Oomblikke waar my familie saam is en daar stories vertel en lekker gelag word .
3 gunstelingsportoomblikke
• ’ n Sportoomblik wat my aanhou inspireer , is hoe Caster Semenya haar kop omhoog hou en getrou aan haarself bly ondanks pogings in die media en die atletiekwêreld om vir haar voor te skryf wie en wat sy moet wees .
• Toe Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro die wêreldrekord in die 400 m verbeter het , het daar hoendervleis teen my arms opgekruip en trane by my wange afgerol .
• Nog twee gunsteling- Olimpiese Spele-stories is Ntando Mahlangu wat op 14 ’ n silwermedalje by die
Ontspan langs die rivier Vir Cato is dit die lekkerste ding om Amsterdam met ’ n fiets te verken ( foto onder ) en tussendeur roomys te eet . Dis dalk hoekom Georges Seurat se skildery “ A Sunday Afternoon on the Island of La Grande Jatte ” ( foto bo ) een van haar gunstelinge is – kyk hoe lekker ontspan mens en dier , oud en jonk , langs die rivier . Regs is ’ n plakkaat van The Lion King , wat saam met stukke soos District Six : The Musical en Grease , ’ n gunstelingteaterstuk is .
Paralimpiese Spele in Rio gewen het . Hy was tot op 10 jaar oud in ’ n rolstoel en het in vier jaar geleer om te loop én te laat wiel ! En Luvo Manyonga wat met die hulp van geliefdes , mentors en wilskrag uit die greep van dwelms ontsnap het om vir die wêreld te wys van watter stoffasie hy regtig gemaak is . Ek het sy sprong vir die silwermedalje in Rio oor en oor gekyk .
5 gunstelingteaterstukke
• The Lion King
• Echo of a Noise van Pieter-Dirk Uys
• District Six : The Musical
• Jersey Boys
• Grease
3 gunstelingakteurs
• Gaten Matarazzo
• Caleb McLaughlin
• Finn Wolfhard
3 gunstelingaktrises
• Jennifer Lawrence
• Millie Bobby Brown
• Taraji P . Henson
GunstelingkykNET-oomblikke Daar was al ’ n hele klomp lekker oomblikke in my onderhoude op JAM ! – hoe Lize Beekman weer haar stem gevind het ; hoe die Amerikaanse rockgroep White Snake vir Blackie Swart op hoërskool in die moeilikheid laat beland het ; of hoe die standbeeld van ’ n padda in Chris Chameleon se huis beland het .
49
JAM ! Sondae om 19:30 op kykNET NOU !, DStv-kanaal 146
2016 | UITGAWE 4 | kykNET