kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 45

NOG Koors 9 PUIK BOEKE VIR DESEMBER Deon Meyer Nadat Die Koors byna almal gevat het, soek Nico Storm (13) en sy pa, Willem, ’n plek om hulle weer te vestig. Jare later vertel die volwasse Nico van die moord op sy pa. Tuisland Karin Brynard Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Corli se Kombuis Corli Botha Die gunstelingresepte van Koekedoor se wenner in 2016 – vir beginners én ervare bakkers. Emily Hobhouse – Geliefde Verraaier Suikersoetsonde Dina Botha Zelda Fourie kom vroeër huis toe en betrap haar man in die bed met ’n ander vrou. Elsabé Brits Die verhaal van Emily Hobhouse, Anglo-Boere­ oorlogheldin, aktivis en stryder teen onregte op verskeie vastelande. Moord op Karibib Tannie Poppie Kook Weer Isa Konrad Dis Nuwejaar en Alet is besig om te vlug. Al wat sy in die spieël aan haarself moet erken – blouoog en al – is dat haar huwelik ’n hengse fout was. Poppie Coetzer Die gewilde Kokkedoordeelnemer het ’n tweede boek op die rak wat propvol staatmakerresepte is. Offerande Roald Dahl in Afrikaans Chanette Paul ’n Spanningroman oor ’n vrou, ’n beeldjie, ’n eksman en ’n hand vol ongeslypte diamante. Ter viering van Roald Dahl se geboortedag 100 jaar gelede verskyn agt van sy kinderboeke, waar­onder Charlie en die Sjokolade­ fabriek, weer in Afrikaans. Wat lees jy hierdie vakansie? Brothers in War and Peace deur Dennis Cruywagen – oor Constand Viljoen en sy tweelingbroer – was ’n gunstelingboek vanjaar. Almal moet dit lees en besef hoe naby ons aan ’n oorlog was in 1994. Hierdie vakansie wag al die boeke wat ek steel by Dia van Staden, wat die boekresensies op Groot Ontbyt doen. Deon Meyer se Koors is eerste. My gunstelingboek vanjaar was Willem Anker se Buys. Al mag die gebeure tyd­ spesifiek wees, is die tematiek, menslike in­ sig en patos absoluut tydloos. Ek is die hele Desember in Argen­ tinië, en wanneer ek oorsee is, probeer ek iets van die spesifieke land se literatuur lees. Dus beplan ek om César Aira se Ghosts en iets van Jorge Lou­ is Borges te lees. Groot Ontbyt Suidooster – Johrné van Huyssteen, – Gideon Lombard, My boek van die jaar is The Alchemist deur Paulo Coelho. Ek wil dié vakansie ’n interessante biografie of twee iewers op ’n strand lees met die branders as geselskap. Die beste boek wat ek vanjaar gelees het, was Deon Meyer se Koors. Ek kon dit nie neersit nie. In Desember gaan ek oorsee en dan gaan ek Karin Brynard se Tuisland saamvat. My gunstelingboek van die jaar was Chanette Paul se Labirint. Wanneer ek in Desember ’n bietjie gaan uitspan, vat ek Ikarus van Deon Meyer saam. Groot Ontbyt Groot Ontbyt Groot Ontbyt – Elsa Esterhuizen, – Riaan Grobler, – Rouchelle Liedemann, Ek het vanjaar The Shack deur William P. Young die eerste keer gelees... en dit het my lewe so effens verander. Ek het ook die derde keer Paulo Coehlo se The Alchemist gelees. Ek beplan om die vakansie die vyfde en sesde boek in Jeffrey Archer The Clifton Chronicles te lees. – Pascal Pienaar, Binnelanders 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 47