kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 44

BOEKE Die feestyd is leestyd Die vakansie is hier – tyd vir luilekker dae met ’n boek op jou skoot. Hier is ’n stapeltjie boeke wat jy maar kan saamvat. Ons het ook ’n paar kykNETpersoonlikhede gevra wat hulle vanjaar gelees het en nog wil lees. Die wenners van 2016 se kykNET-Rapport-toekennings is in September bekend gemaak. Die prys vir fiksie het aan Alexander Strachan gegaan vir Brandwaterkom, terwyl Carel van der Merwe met die niefiksieprys weggestap het vir Donker Stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog. Die filmprys is gewen deur Jaco Jacobs vir ’n Goeie Dag vir Boomklim. Lees hier wat resensente oor die wenboeke geskryf het. Donker Stroom “Die Groot Verlange van Leon Rousseau staan onverminderd as ikoniese boek oor ’n ikoniese figuur (Eugène Marais). Wat nou verander het, is dat jy nie Rousseau sonder Van der Merwe kan lees nie. Dis ’n manjifieke stuk werk.” – Frederik de Jager op Litnet “Carel van der Merwe het hom met hierdie boek bewys as ’n meesterlike spoorsnyer, selfs al het Marais in sy latere lewe probeer om sy pro-Britse spore dood te vee.” – Daniel Hugo op Netwerk24 46 “Donker stroom is ’n vlot, fasetryke, en gesofistikeerde teks wat die burgerlike gespreksruimte verruim en dus ’n waardige wenner is van die kykNET-Rapport-prys vir 2016.” – Dr. Irma du Plessis in haar commendatio by die toekennings kykNET | UITGAWE 4 | 2016 Brandwaterkom “In Brandwaterkom bring Alexander Strachan nie net die Anglo-Boereoorlog en die Grens­ oorlog opwindend in een verband saam nie, maar hy bring ook oorlogtemas en die strukturele eksperiment van sy hele oeuvre tot ’n nuwe verdieping. Die beoordelaars was dit eens dat hierdie roman die hoogtepunt van sy werk tot dusver is.” – Frederik de Jager in sy commendatio by die toekennings “(Brandwaterkom) is in ’n gestroopte, toeganklike styl geskryf. Dis ’n roman wat swaar dra aan toespelings en verwysings oor sowel die geskiedenis as die skryfpro­ses. Lees hierdie uitste­ kende roman.” – Joan Hambidge op Netwerk 24 ’n Goeie Dag vir Boomklim “ ‘n Goeie Dag vir Boomklim is ’n klein juweel met interessante karakters wat kwessies soos egskeiding, vriendskap en die  rand­eiers van die gemeenskap aanraak.” – Ilza Roggeband op Netwerk24 “Die beoogde kyker sal weer eerste liefde beleef, rebellie, konflik met ouers, tienerangs en vervreemding. Ook ontwaking, dat ’n mens moet en kan opstaan en baklei vir ’n boom, ’n saak waarin jy glo. Ook wanneer om op te hou baklei, ‘anders raak die baklei partykeer groter as die ding waarteen jy baklei’. Die dialoog is vars en eenvoudig maar evokatief, die humor net reg, die taal oorspronklik.” – Gerrit Schoonhoven in sy commendatio by die toekennings