kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 43

Ski Ek en twee van my vriende, Alta Krige en Morné Coetzer, het in Switserland gaan ski. Hier ski ons teen berg Matterhorn af. Dis ’n ysgletser en ’n mens kan heel­ jaar daar ski. Ons het baie geval. Disney Ek het in 2003, agtien maande nadat ek klaar gestudeer het, by Disney World gewerk. Hier vertel ek “African tales” vir die families om die kampvuur. Dit was die beste jaar van my lewe. Die derde toring in Kuala Lumpur Ek het vir die aardigheid foelie gaan koop en myself die derde toring gedoop. Dit was in 2008. Ek love die Maleisiese hoofstad! La Tomatina Ek en vriende het in 2005 die La Tomatina-fees in Spanje bygewoon. Dis die grootste food fight ter wêreld. Altesame 30 000 mense kom bymekaar in ’n klein dorpie en groot vrag­ motors laai ’n paar honderd ton tamaties af... dan gooi julle mekaar. Ek het nog nooit so baie op een dag gelag nie. Malvalekkers en lawa Ek en my Amerikaanse meisie van daardie tyd, Emerald Berg, het in 2009 ’n aktiewe krater in Guata­ mala uitgeklim en malva­ lekkers saamgeneem om dit oor die lawa te braai. Dit is een van die coolste ervarings van my lewe! Grens van Mongolië Dit is teen die wet om sendingwerk in China te doen. Ons het dit nogtans gaan doen, maar toe die polisie snuf in die neus kry, is ons ondervra en moes die missie staak. Ons het toe verder gereis na plekke waar toeriste nooit kom nie. Hier is ek op die grens van Mongolië waar ons ’n paar dae gebly het om die kultuur en kos van die gebied te geniet. Bravo! Donderdae om 20:00 en Huis Paradys Woensdae om 17:30, albei op kykNET, DStv-kanaal 144 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 45