kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 41

staan én Theo se visie verstaan,” sê sy. “Ek het ook skedulering verstaan, maar ek moes meer oor musiek leer. As produksie-assistent het ek op kykNET musiek geskeduleer tussen die programme, maar hierdie was nét ’n musiekkanaal. So tussen hakies: Een van die grootste blapse wat ek by kykNET gemaak het, was om ’n Fokofpolisiekar-video voor ’n episode van Tjommies te skeduleer...” NÁ SKOOL OP UPINGTON het Feroza ’n B.A.-graad in oudivisuele en produk­ siebestuur in Johannesburg voltooi. In 2001 het sy ’n maand of twee op die eerste Suid-Afrikaanse produksie van Idols gewerk, die reeks wat deur Heinz Winckler gewen is. Daarna het sy in die bankwese gewerk, maar sy het geweet dit is nie wat sy die res van haar lewe wil doen nie. Sy het “hard gebid”, en in 2003 kry sy toe ’n oproep: Iemand saam met ek met gordelroos gediagnoseer en Theo het gesê ek moet soveel tyd vat as wat nodig is om gesond te word. Maar ek kon nie by die huis bly nie. My een oog was nog toegeswel, toe sit ek weer voor my rekenaar. Ons was soos ’n familie. Ek én my kollegas het elke liewe dag uitgesien na die dag se programme.” Destyds was daar nog nie soveel programme soos vandag nie. “Geen ontbytprogramme nie, min leefstylprogramme, net een drama per jaar,” onthou sy. In 2008 het sy as toesigvervaardiger begin werk en in 2013 is sy as hoof van inhoudsbeplanning en skedulering aan­gestel, die pos wat sy vandag nog beklee. Vandag werk daar 38 mense by kykNET, en daar is drie plaaslike en ‘Een van die grootste blapse wat ek by kykNET gemaak het, was om ’n video van Fokofpolisiekar voor ’n episode van Tjommies te skeduleer...’ wie sy op Idols gewerk het, het haar CV vir die mense by kykNET gestuur. “My studie het my die teoretiese kennis gegee, maar nie die praktiese ondervin­ ding nie. Ek moes noodgedwonge vinnig leer hoe alles werk. En as ek nie geweet het nie, het ek gevra.” Vyf maande lank het sy gehelp om die kanaal op sy voete te kry, en toe Sandra se pos as hoof van skedule­ring van kykNET oopgaan, het sy aansoek gedoen om die pos. In Desember 2005 het sy as skeduleringsbestuurder begin. HOE HET KYKNET deur die jare verander? “Die groei was geweldig,” sê Feroza. “Song vir Katryn was ons eerste dramareeks, later Plek van die Vleisvreters. Die kanaal het ook in 2004 sy eerste volwaardige sepie, Villa Rosa, gekry. Én die werklikheidsreeks Zing. Alles in een jaar. Ek onthou die aand van Villa Rosa se eerste uitsending soos gister – dit was Oktober 2004. Toe die eerste openingsekwens begin speel, het dit gevoel of ek die lewe skenk aan ’n baba! Villa was die program waarom kykNET se skedule as ’t ware gebou is. Maar kort nadat die eerste episode uitgesaai is, is twee internasionale kanale onder die kykNET-sambreel. “Ons is dalk meer mense, maar ons bly ’n familie. Karen (Meiring, kanaalhoof) kan my een kyk gee en dan weet sy wat in my gemoed aangaan. Sy lees my soos ’n boek,” sê Feroza en lag haar kenmerkende borrellag. Uitdagings is daar baie. “Alles gaan oor beplanning. Ek het nie beheer oor alles nie en soms kom daar programme in wat in die verkeerde formaat is of waarvan selfs die inhoud verkeerd is. Ons moet ook uitkyk vir wanneer daar dalk ’n vloekwoord inglip. Die grootste krisis is wanneer daar ’n verkeerde program op die lug uitgaan. Vir my is ’n swart skerm en ’n verkeerde program ewe erg – dit voel of die aarde moet oopskeur en my insluk.” Nogtans is haar werk vir haar ’n groot vreugde. “Ek kry skoenlappers in my maag, want geen probleem is soos ’n ander nie. Jy moet ook kan erken as jy ’n fout gemaak het én jy moet glo alles sal uiteindelik uitwerk. Selfs wanneer kykers met vreemde navrae bel – soos waar om ’n duvet te kry wat hulle in ’n TV-reeks gesien het – sal ek dit probeer oplos.” Hooffoto oorkant Feroza Katz, hoof van skedu­ lering by kykNET, met vakansie in Italië. Heel bo Die reisgogga het haar behoorlik gebyt – hier is sy ook in Italië. Bo Feroza het vroeër vanjaar haar eerste 10 km-padwedloop voltooi. FEROZA IS SOGGENS voor ses al op kantoor en die meeste dae is sy daar tot ná ses saans. “As jy lief is vir jou werk, gee jy nie om nie,” sê sy. Sy het verlede jaar begin reis – ná Amerika verlede jaar en Italië vanjaar is sy in Desember op pad Marokko toe én haar kaartjies vir volgende jaar se Wimbledon is bespreek. “Die skille het van my oë afgeval,” sê sy opgewonde. Tussendeur haar bedrywige program en haar reise kry sy ook tyd om minstens vier keer per week te oefen, en sy het onlangs haar eerste 10 km-wedloop gedoen. “Slaap is ’n mors van tyd,” sê sy en lag. “Ek is trots op wat ek doen. As jy agter die skerms werk, kry dalk nie altyd die nodige erkenning nie, maar ek sal dit vir niks verruil nie.” 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 43