kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 40

FEROZA KATZ ’n kykNET-steunpilaar soos min Van almal wat by kykNET werk, is Feroza Katz die langste daar. Sy vertel hoe sy gevorder het van ’n assistent tot haar huidige pos as hoof van inhoudsbeplanning en skedulering by een van die grootste en suksesvolste kanale op DStv. D aar was net vyf mense by kykNET toe Feroza Katz op 5 Januarie 2004 by dié nuwe Afrikaanse kanaal begin werk het. Sy onthou sy moes maar oral inspring om te help. “Dit was die jaar van kykNET se vyfde verjaardag, en ek is aan die diep kant ingegooi, want van my kollegas was met verlof. Ek het telefone geantwoord, 42 kykNET | UITGAWE 4 | 2016 notu­les geskryf van vergaderings waar ek nie was nie, gehelp met bemarking en skedulering, en was op die koop toe die assistent van die destydse kanaalhoof, Theo Erasmus. Dit was ’n baie opwin­ dende jaar.” Behalwe vir Theo en Feroza het die res van die span bestaan uit Sandra Geldenhuys, wat die skedulering en publi­siteit behartig het; Lani Lombard, wat die bemarking gedoen het; en Zeno­ bia Gillian, wat vir die argief verantwoor­ delik was. “Dit was dalk ons posbenamings, maar ons het regtig almal alles gedoen,” sê Feroza. “2004 was die jaar van kykNET se tweede volwaardige dramareeks, Plek van die Vleisvreters, en een van my take was om te sorg dat al die gaste uitkom by die bekendstellingsfunksie, wat by ’n lodge in die Wes-Rand gehou is. Van hulle het toe nié opgedaag nie, en ek het stoksielalleen in ’n bus – ’n hele bus! – by die funksie opgedaag.” Feroza het aanvanklik op ’n kontrak­ basis gewerk, maar met die gesprekke van ’n nuwe kanaal onder kykNET se vlerk het sy einde 2004 ’n vaste aanstelling gekry: programredakteur (of log editor) vir die musiekkanaal MK. “In daardie stadium het ek logs ver­