2
1
3
Fiona Pretorius
Jessica Sweetlove
Magdelena Letsebe
Jou voorkoms wanneer jy vakansie hou,
moet jou sorgeloos laat voel en jou die
kans gee om jou batterye te herlaai. Jy
moet kan laat slaap en met die minste
moeite op jou heel mooiste voel.
Hare As jy vakansie hou, wil jy
so vinnig as moontlik klaarmaak
sonder om te veel tyd voor die spieël
te mors. ’n Korter haarstyl wat nie
noodwendig eksieperfeksie hoef te lyk
nie, is die antwoord. As jy ’n sterk haar
gel – of sculpting hair gel – gebruik, kan
jy net jou hare laat winddroog word en
die styl sal mooi lyk as dit droog is.
Velsorg Jou belangrikste velsorg
produk is ’n vogroom met ’n inge
boude sonbeskermingsfaktor. My
aanbeveling is die Hannon Daily
Sunblock Moisturiser met ’n SBF
van 30+.
Grimering Almal voel beter met
’n sonbruin gelaatskleur, maar die
meeste van ons is al lankal bewus van
die skade wat die son kan aanrig. Jy
hoef nie noodwendig in die son te lê
en braai om ’n songloed te kry nie;
kry eenvoudig vir jou ’n verbronsings
blosser soos Hannon Sun Kissed
Blusher, wat jy sommer ook kan gebruik as ’n oogksadu en wat kompleet
lyk soos die diepste sonbruin kleur wat
jy al ooit gehad het.
Klere Vakansieklere moet helder
kleure hê, want dit laat jou energiek en
spontaan voel én lyk. Kies gerus bloese
en T-hemde wat die kleur van jou oë
die beste komplementeer.
Op ’n glansgeleentheid moet jy op jou
deftigste lyk, maar darem ook nie té
wispelturig oorkom nie. Laat jouself
geld met die mooiste maniere en die
beste sjarme.
Hare Vroue met langer hare kan
hulle hare in ’n opgekamde styl dra as
hulle deftiger wil vertoon. Maar as jy
bang is mense dink jy is onbereikbaar
en styf, dra gerus jou hare los en glan
send. As jy bekommerd is dat jou los
hare volume verloor en platval terwyl
die geleentheid aan die gang is, spuit
’n haarspoei met ekstraferm houkrag
(Hannon Style Lock Hair Spray) aan
die deel op jou kroontjie. Só sal jou
hare genoeg hoogte hê en die res kan
vrylik rondwip.
Velsorg As jy in die spieël kyk en
dit lyk vir jou of jou hele gesig begin
hang en fermheid verloor, moenie
moed verloor nie. Wend ’n serum soos
Hannon Liquid Lifting Serum onder
jou vogroom aan wat sorg vir onmidde
like fermheid en ’n aansienlike gladder
veltekstuur. As jy ouer as 30 is, kan jy
dit sommer twee keer per dag gebruik –
vir die res van jou lewe.
Grimering Deftige grimering beteken
nie dit moet uitspattig en te kleurryk
wees nie. Gaan eerder vir neutrale
kleure en beklemtoon net jou mooiste
gelaatstrekke. Probeer gerus bruin
oogskadu (Hannon Brown Duo Eye
Shadow), maar maak seker jy gebruik
’n swart maskara om jou oë die nodige
trefkrag te gee.
Klere Dra gerus ’n baadjie om jou
skouers te bedek by ’n deftige geleent
heid – sodoende toon jy respek teenoor
jou gasvrou en die ander gaste. ’n Baad
jie hoef nie noodwendig korporatief en
vervelig te lyk nie; jy kan so helder gaan
as waarvoor jy lus het – en moenie bang
wees vir ’n diervelmotief nie.
Die jaar wat verby is, moet gevier word
en jy wil die nuwe jaar met kleur en
sprankel instap. Vir dié geleentheid
hoef jy nie soos die res van die mense
op die partytjie te lyk nie. Dalk wil jy
ook die aandag trek, want as jy onsig
baar die nuwe jaar instap, bly jy dalk
heeljaar onsigbaar.
Hare Waag met jou haarstyl – veral
die kleur kan iets meer feesteliks en
opwindends wees. As jy besluit om
rooi vlamstrepe in te verf moet jy
vooraf weet dit gaan onderhoud bete
ken. ’n Rooi haarkleur verbleik vinnig;
vra jou haarkapper om vir jou ’n rooi
kleurversterkingsjampoe (Hannon Red
Infusion Shampoo) te gee waarmee jy
jou nuwe haarkleur sommer by die huis
salonvars kan laat lyk.
Grimering Die Oujaarsaandpartytjie
gaan dalk dagbreek ook sien en jy wil
seker maak jou grimering slaan nog
asems weg as almal se gô begin uit
raak. Sodra jy jou helderste grimering
aangewend het, spuit ’n grimeerseëlaar
(Hannon Moisture Seal) oor jou gri
mering. Jy sal dit vir 10 uur lank kan
uitkap sonder om jou enigsins te kwel.
Velsorg Vir ’n spesiale geleentheid
het jy 10 minute langer nodig vir jou
velsorgroetine. ’n Vogmasker (Hannon
Rehydrating Moisture Mask) werk soos
’n voginspuiting vir ’n ontwaterde vel:
Dit plomp jou vel effens uit terwyl dit
ook ’n pragtige glans laat.
Klere Vir ’n Oujaarspartyjie dra jy die
kleur wat jou die meeste ophelder en
jou die mooiste laat voel. As die weer
dit toelaat, wys gerus ’n bietjie van jou
mooi halslyn en bene. As jy loop, moet
die materiaal van jou rok ook beweeg.
Sorg vir ’n heerlik sagte materiaal wat
jou vel heelaand sal koester. Lekker
groot oorbelle is hoogmode – wys gerus
jy ken die nuutste tendense.
VAKANSIEGEVOEL
DEFTIGE GELEENTHEID
OUJAARSAAND
Glam Guru Sondae om 18:30 op kykNET, DStv-kanaal 144
2016 | UITGAWE 4 | kykNET
37