kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 33

Aspersiefrittata
( genoeg vir 4-6 )
Jy benodig
• 500 g vars aspersies
• 6 vryloopeiers
• ⅓ koppie ( 80 ml ) gerasperde parmesaan
• 2 eetlepels ( 30 ml ) room
• seesout
• grofgemaalde swartpeper
• 1 eetlepel ( 15 ml ) botter
• 2 eetlepels ( 30 ml ) druiwepitolie
• ¼ ui , fyngekap
• ¼ koppie vars pietersielie , fyngekap
• ½ koppie grasuie ( chives ), fyngekap
• ⅓ koppie ( 80 ml ) crème fraîche
Só maak jy 1 Stoom die aspersies tot dit heldergroen en gaar is , maar nog ferm . 2 Klits die eiers , parmesaan en room saam en geur die mengsel met sout en peper . 3 Verhit die botter en olie in ’ n middelslag-pan . Voeg die ui by en laat dit vir drie minute prut . Rangskik die aspersies op die boom van die pan en giet die eiermengsel oor . Sprinkel die helfte van die pietersielie en grasuie oor . 4 Bak die mengsel vir 5-6 minute oor matige hitte tot die kante ferm raak . Keer die frittata uit op ’ n plat bord en dan nog ’ n slag op ’ n tweede bord . Sit die pan bo-op en keer dit dan weer om – die frittata is nou omgedraai . Bak dit vir nog 1 minuut en laat gly dit dan uit op ’ n opdienbord . 5 Sny die frittata in skywe en sit dit voor met crème fraîche en die res van die kruie .
Marie de ’ Medici-slaai
( genoeg vir 4-6 )
Hierdie slaai is genoem na die koningin van Frankryk , die tweede vrou van Henri IV . Die hoeveelhede kan aangepas word na smaak en volgens die aantal gaste aan jou tafel .
Jy benodig
• gemengde slaaiblare – minstens drie soorte ( nie kropslaai nie )
• 3-6 hardgekookte eiers , middeldeur gesny
• 6-10 anjovisfilette in olie , in repies gesny
• kappertjiesaad
• ingelegde suurlemoen , in blokkies gesny
• rooiwyn- of appelasyn
• olyfolie
• seesout
• grofgemaalde swartpeper
• harde kaas soos pecorino , in blokkies of skaafsels gesny ( ons het tête de moine – Frans vir “ die monnik se kop ” – gebruik wat met ’ n spesiale snyer – ’ n girolle – in rosies geny is )
Só maak jy 1 Rangskik die verskillende soorte slaaiblare in ’ n opdienbak . Pak die eier , ansjovis , kappertjiesaad en ingelegde suurlemoen tussen die blare . 2 Drup asyn en olyfolie oor en geur die slaai met seesout en swartpeper . Voeg laastens die kaas by .
Brioche-en-roomroosterbrood
( genoeg vir 4 )
Jy benodig
• lemoen- of nartjieskywe , bessies of pruime
• Cointreau ( of gebruik enige ander alkohol soos brandewyn of rum )
• 400 ml room
• 2 eiers
• 4 dik snye vars brioche
• 40 g botter
• 250 g crème fraîche
• 250 g mascarpone
• saad van ½ vanieljepeul
• 80 g versiersuiker
Só maak jy 1 Laat die vrugte vir ’ n paar uur in die Cointreau marineer . 2 Klits dan die room en eiers saam en giet dit in ’ n vlak bak . Doop die brioche deeglik in die mengsel en hou dit eenkant . 3 Smelt die botter in ’ n groot pan oor matige hitte en bak die brioche een vir een of twee-twee tot goudbruin aan albei kante . 4 Klits die crème fraîche , mascarpone en vanielje saam tot die mengsel stywe punte vorm . 5 Pak die brioche op ’ n bord , rangskik die gemarineerde vrugte bo-op en sit dit voor met ’ n skeppie van die crème fraîche-mengsel . Sprinkel laastens versiersuiker oor .
35
Die Edik van Nantes 2 Dinsdae om 20:00 op kykNET , DStv-kanaal 144
2016 | UITGAWE 4 | kykNET