kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 32

EDIK VAN NANTES 2 Franse flair Met hierdie vier resepte uit die nuwe reeks van Die Edik van Nantes kan jy met Suid-Afrikaanse bestanddele soos die Franse kook. Nataniël en sy broer, die sjef Erik le Roux, wys presies hoe maklik dit is om soos ’n pro kos te maak. Preie met mosterdvinaigrette (genoeg vir 4-6) Jy benodig • 800 g groot preie  • 1 lourierblaar • 5 takkies vars pietersielie • 4 takkies vars tiemie • 1 geelwortel, in dun ringe gesny • 1 selderystok, in dun skyfies gesny VIR DIE MOSTERDVINAIGRETTE • sap van 1 suurlemoen • 1 knoffelhuisie, fyngekap • ½ teelepel (2,5 ml) seesout • 1 eetlepel (15 ml) Franse mosterd • 1 eetlepel (15 ml) gewone jogurt • ⅓ koppie (80 ml) olyfolie • ’n knippie witpeper • 1 eetlepel (15 ml) fyngekapte pietersielie Só maak jy 1 Maak die vinaigrette Meng die suurlemoensap, knoffel en sout in ’n bakkie en laat dit vir ’n paar minute staan. Voeg die mosterd, jogurt en olie by en klits dit tot die mengsel verdik. Roer die peper en pietersielie by. 2 Sny die groen blaargedeelte van die preie af en sny die liggroen dele in die lengte middeldeur. Rangskik dit op die boom van ’n groot pan en voeg die groente en kruie by. Gooi genoeg water by om die groente te bedek en prut dit vir ongeveer 20 minute tot sag. 3 Skep die preie op ’n opdienbord en giet van die vinaigrette bo-oor. 34 Uitgevat Die broers soos kykers hulle op Die Edik van Nantes leer ken het. kykNET | UITGAWE 4 | 2016