kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 31

JOU SHOW

’ N BALANS TUSSEN humor en erns

Die nuwe reeks van Jou Show het afgeskop – en ’ n hele paar groot name is genooi om saam met Emo Adams te kom kuier .

Hierdie is ’ n flippen lekker reeks ,” sê Emo Adams oor Jou Show . “ Elke reeks was vir my lekker , maar dié een is spesiaal . Ek sal selfs sover gaan om te sê dis die beste reeks nóg .”

Hy sê met die nuwe reeks het hulle die balans tussen humor en ernstige oomblikke reggekry . “ Met die vorige reeks het ons dalk te gemaklik geraak . Ons weet die konsep werk , ons weet die kykers kyk , maar die gemak kan jou lui maak . Hierdie keer het almal hulle A game gebring en die Emo magic is terug .”
Een van die hase wat Emo en die produksiespan uit die hoed gepluk het , was om David Kramer as een van die gaste te kry . “ Ons pleit al lank dat hy moet kom kuier , maar sulke TVonderhoude is nie eintlik sy vibe nie ,” sê Emo . “ Maar ons het dit reggekry , en vir die 200ste episode van Jou Show is hy en my broer Loukmaan die gaste . Dit voel vir my of ek die sirkel voltooi het : Ek was ’ n kind toe ek vir David begin werk het , en hier is ek nou aan die ander kant van die mikrofoon .”
Van die ander gaste op die program is Valiant Swart , Jack Parow , Toks van der Linde en Breyten Paulse – “ hulle is magic saam ” – Lee-Ann van Rooi , Quanita Adams , Jan Braai en Dann-Jaques Mouton – “ daai outjie se acting is op ’ n ander level ” – en Hannes Strydom en Amanda Strydom .
“ Baie van hierdie is mense met wie ek grootgeword het , en nou is ek die een wat die vrae vra . I love my job ,” sê Emo . “ Ek hou ook daarvan dat ons die kans het om nuwe kunstenaars aan kykers voor te stel . Die kykers is baie oop om hulle te aanvaar en wil nie net die groot name sien nie . Dis great .”

Altyd ’ n wenner

Jou Show het deur die jare al verskeie toekennings gewen . Vanjaar is Emo weer by die ATKV Mediaveertjies as die beste aanbieder van ’ n vermaaklikheidsprogram aangewys , nadat hy in 2015 die Huisgenoot Tempo-toekenning as beste aanbieder gewen het . Jou Show is ook in 2013 , 2014 en 2015 vir SAFTA-pryse benoem .
Heel bo Die Adams-broers was as kinders in David Kramer se musiekblyspele . Hier is Loukmaan ( links ) en Emo saam met hulle held . Middel links Armand Aucamp en Elma Smith dans ’ n riel . Regs Amanda Strydom is saam met Hannes van Wyk gaste in een van die programme . Bo Valiant Swart en Jack Parow stamp vuiste op die rock-manier .
33
Jou Show Maandae om 20:30 op kykNET , DStv-kanaal 144
2016 | UITGAWE 4 | kykNET