kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 3

kykNET vir kykNET Hoof van Afrikaanse kanale, M-Net Karen Meiring Media-en-reklamebestuurder, kykNET Maryke Allers kyknet.co.za Kontak kykNET 011 686 6000 [email protected] @kykNETtv kykNET kykNETtv Vir In Context Uitgewer Marí Lategan Besturende redakteur Melanie Fortuin-Durr Redaksionele inhoud Ilza Roggeband Produksie en teksversorging Peter van Noord Johan van Zyl Kunshoof Monique Mouissie Foto’s verskaf deur kykNET, tensy anders vermeld Die kykNET-net span ál wyer! V oordat Kersvader sy opwagting maak, is dit altyd ’n gejaag om alles vir die jaar afgehandel te kry en voor te berei vir die feestyd en geliefdes wat kom kuier of saam gaan vakansie hou. Die kykNET-kanale het ’n for­mi­­dabele jaar agter die blad, met ’n paar mylpale: Eerstens het kykNET 17 jaar van volgehoue toewyding tot Afrikaanse vermaak, nuus en aktualiteit in die huise van ons kykers gevier; dan is ons ook beskikbaar op DStv Now, enige plek, enige tyd; en indien jy van die programme misgeloop het, kan jy dit op Catch Up te sien kry. Boonop is kykNET se skedule beskikbaar op die internasionale Showmax-platform, wat al in 30 lande te kry is, skaars 24 uur nadat dit in Suid-Afrika uitgesaai is. ’n Mens kan maar sê Afrikaans is global! Vakansietyd is natuurlik ’n heerlike tyd om te reis. Onthou om jou ‘In 2016 het ons ’n paar groot geeste gegroet... Dis wonderlik om te weet kykNET kon dié rolspelers vir Afrikaans en vir toekomstige geslagte dokumenteer.’ Digityd saam met jou te neem op jou slimfoon of tablet sodat jy heerlik by die see of in die Bosveld daarmee agteroor kan sit. Op kanaal 198 bied kykNET weer FliekNET aan ingeval julle van die flieks gemis het wat deur die jaar vir uitsending beskikbaar gemaak is. IN 2016 HET ONS ook ’n paar groot geeste gegroet, onder wie Dot Serfontein, Nico Carstens en Jans Rautenbach. Ons het reeds huldeblykprogramme oor hulle uitgesaai wat ons ook op Catch Up beskikbaar maak. Dis wonderlik om te weet kykNET kon dié rolspelers vir Afrikaans en vir toekomstige geslagte dokumenteer. Die kykNET-span streef elke dag daarna om groter waarde vir ons kykers te bied, en daarom wil ons in Digityd stories oor ons programme en kanaalpersoonlikhede deel wat jy moontlik nêrens elders te sien of lees sal kry nie. En natuurlik wil ons spog met die drie kanale waardeur ons ons kykers – mense wat Afrikaans praat en verstaan – bereik. Aan ieder en ’n elk van ons kykers: Baie dankie vir julle lojale en getroue ondersteuning deur die jaar. Ons wens julle ’n geseënde Kersfees toe, en ’n voorspoedige, vreugdevolle en suksesvolle 2017. Ons gesels weer in Maart. Karen en die kykNET-span 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 3