kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 26

SHOWMAX So ver, maar só naby... Suid-Afrikaners in die buiteland hoef nie meer kykNET-onttrekkingsimptome te kry nie: Met ShowMax kan hulle enigiets kyk – van Binnelanders en Die Byl tot aktualiteitsprogramme en Boer Soek ’n Vrou. ’n Paar gereelde kykers vertel meer. Nicole Gowar Hannelie Evans Ons is al ’n paar maande in San Angelo hier in Texas. Ek en my man, Albert, kom albei van Cradock in die Oos-Kaap en het ’n dogter, Johke, wat amper twee word. My man doen ’n meestersgraad in diere­wetenskap en ek werk steeds as boekhouer vir die maat­skappy vir wie ek in Suid-Afrika gewerk het. Ons mis die plaaslewe in Suid-Afrika en dit was ’n aanpassing om in ’n woonstel in te trek. My man is Afrikaans en ek Engels, wat beteken my dogter is geneig om meer Engels te hoor. ShowMax gee haar die kans om elke dag Afrikaans te hoor. Boonop is ShowMax bekostigbaar – anders as alles anders diékant! Ons hou van Binnelanders en Die Byl, asook Boer Soek ’n Vrou en af en toe ’n fliek. Ons het ook onlangs Getroud met Rugby: Die Sepie begin kyk. Ek mis alles van Suid-Afrika. Ons land het wel sy pro­bleme, maar dit bly vir my die mooiste plek. Ek was al bevoorreg om ’n paar lande te sien, en al geniet ’n mens dit, verlang jy altyd huis toe. Jy mis die klein dingetjies – dinge soos om ’n vuur aan te steek, sekere kossoorte (hier voel dit of alles soet is) en die klimaat. Wie op kykNET sal ek graag nooi vir ete? Steve Hofmeyr, Karen Zoid en At Koster, want hy skroom nie om ’n ding te sê soos dit is nie. Ek en my man is albei vroeg in die vyftig en het drie dogters van in die twintig wat nog by ons bly. Ons is vyf en ’n half jaar al hier in Perth. Met die uitsondering van miskien ’n bietjie CNN en plaaslike nuus kyk ons deesdae uitsluitlik ShowMax. Selfs ek wat nog nooit sepies gevolg het nie, kyk deesdae amper elke dag Binnelanders en Getroud met Rugby – gewoonlik saans terwyl ek besig is om kos te maak. Maar ons kyk ook verskeie ander programme. Ek mis nie Kwêla en KN Verslag nie. Ek het ook VeranderDinge baie geniet, die kinders was mal oor Hotel, en ons almal kyk saam Jan Braai. Ons kyk ShowMax, want die programme is regtig goed. Reekse soos Fluiters, Boland Moorde en Die Byl is na my mening op ’n internasionale standaard. Die teks is goed, die spel puik, en dis sommer net lekker om te kyk. Dis vir ons ’n uitgemaakte saak dat kykNET op ShowMax deel van ons kykgenot is. Die groot voordeel is natuurlik dat ’n mens dit kan kyk op ’n tyd wat jóú pas. Ek sal ShowMax be­ slis vir ander mense aanbeveel – jy kan maar sê ek is ’n lopende advertensie! As ek drie mense vir ete kan nooi? Koekie en Festus van Getroud met Rugby is seker ons gesin se gunsteling-egpaar, At Koster laat ons aan mense dink wat ons ken, en Jan Braai moet ’n lekker ou wees om mee saam te kuier, net soos Karen Zoid. As ek egter drie moet kies, sal dit Ruda Landman, Riaan Cruywagen en Hans Strydom wees. TEXAS, VSA ‘ShowMax gee my dogter die kans om elke dag Afrikaans te hoor.’ 26 kykNET | UITGAWE 4 | 2016 PERTH, AUSTRALIË