kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 24

Een groot gelukkige familie Dinge kan nogal senutergend raak op die stel van ’n program soos die Republiek van Zoid-Afrika – elkeen moet immers sy of haar deel doen om die program soos ’n goedgeoliede masjien te laat loop – maar uiteindelik het almal groot pret, en as alles verby is, bars al die burgers van die republiek uit hulle nate. Regs Carien Loubser, “sekretarisgeneraal” van Republiek van Zoid Afrika, in aksie om te sorg dat alles loop soos dit moet. ‘Ek dink een van die redes is omdat mense veilig voel by Karen. Sy is nie daar om mense se vuil wasgoed te was nie, en dikwels kry sy stories wat hulle nog nooit vertel het nie.’ 24 die RZA-topverkoperlys, en Vusi Mahla­sela se “Weeping” was die liedjie wat die vinnigste nr. 1 bereik het. Carien wil nie die aap uit die mou laat oor wat voorlê nie, maar sê wel een van haar gunstelinge van die nuwe reeks is Karen en Lianie May se weergawe van “Jy Soen My Nie Meer Nie”. Die een program wat vir Carien spesiaal bly, is die een in die vorige reeks met Anneli van Rooyen as gas. “Vir my is die uur voor ’n opname begin, die spesiaalste. Die teks is geskryf, die gaste is daar, die gehoor wag om in te kom. Ons doen dan ’n finale repetisie van die liedjie en dit is gewoonlik magic. Anneli het nege jaar nié gesing nie en ons het haar gevra of sy sal. Sy het gesê sy sal kyk of sy op die dag kans sien. “Anneli was in die grimeerkamer toe die orkes ‘Ek Lewe’ begin speel. Ek het haar gaan haal en gesê sy moet net kom luister, vir haar gesê daar is geen druk nie, maar as die gevoel haar vat, sal dit fantasties wees. En toe stap sy op die verhoog en begin sing. Ek en Lydia Winchester, Anneli se skakelbeampte, het op ’n bank gesit en huil. Toe ek opkyk, toe sien ek Melissa (van der Spuy) huil agter die klawerbord en die trane van Schalk (van der Merwe, wat die baskitaar speel) loop in sy baard in. Dit was beautiful.” VIR DIE VIERDE REEKS is daar weer ’n paar hase uit die hoed getrek. Coenie de Villiers is die eerste keer in 14 jaar die een met wie die onderhoud gevoer word; Lira, Karen se mede-beoordelaar in The Voice, is ’n gas; en Leon Schuster kom sing saam met Karen én vertel waar sy liefde vir poetse vandaan kom. “In episode 6 is die gaste Tobie Cronjé en die Gereformeerde Blues Band (Willem Möller, Jannie “Hanepoot” van Tonder en Gary Herselman). Karen en die band doen ’n weergawe van Johannes Kerkorrel se liedjie “BMW”, met nuwe lirieke wat Karen geskryf het vir vandag se politieke omgewing.” Maak jou maar reg: Die vierde reeks van Zoid en haar republiek gaan weer rekords breek. Hoor my lied. Republiek van Zoid Afrika Dinsdae om 20:30 op kykNET, DStv-kanaal 144 kykNET | UITGAWE 4 | 2016