kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 23

wil net gaste op die program hê in wie sy self belang stel. “Ons wou ’n positiewe program maak,” sê Carien. “Ons is so lief om altyd oor alles te kla, maar tog is daar soveel mense wat positief is oor SuidAfri­ka. Die program moes deel wees van hierdie positiewe uitkyk.” Bekendes staan tou om na die program genooi te word. “Ek dink een van die redes is omdat mense veilig voel by Karen. Sy is nie daar om mense se vuil wasgoed te was nie, en dikwels kry sy stories wat hulle nog nooit vertel het nie.” Met die uitsending van die eerste episode van RZA het Carien, Karen en die res van die tegniese span saam gekyk. Terwyl die program aan die gang was, het Carien haar rekenaar gaan haal om te kyk of daar enige kommentaar op sosiale media is. “Aan die begin het niemand ’n woord gesê nie,” sê Carien en lag. “Maar seker so twee derdes deur die program het mense positief begin kommentaar lewer. En toe die liedjie aan die einde klaarmaak, was die reaksie oorweldigend.” Selfs kykers wat nie Karen Zoid-aanhangers was nie, het net die hoogste lof gehad. “Ons was onlangs in ’n eetplek toe ’n man en vrou, al twee seker in die tagtig, na ons tafel toe stap. Die vrou sê toe: ‘I just want to say that we love your show.’ Engelse mense, ou mense, kinders, mans met Blou Bul-hemde... almal wil net vir Karen ’n drukkie gee.” Altyd in beheer Op die stel van die Repu­ bliek van Zoid Afrika is Carien altyd sterk gefokus – sy moet immers ’n ogie hou oor alles: die ligte, die klank, die gaste, en ja, ook die ster van die vertoning, die rocker Karen Zoid (foto regs). Onder is sy saam met die Haas Das- en nuuslegende Riaan Cruywagen, wat op die heel eerste program sy verskyning gemaak het. DIE SUKSES WAT DIE LIEDJIES van RZA op iTunes gehad het, het hulle onkant betrap. “Jack Parow se liedjie was die eerste een wat op iTunes beskikbaar was,” onthou Carien. “Dit het ingekom op nr. 56, later was dit nr. 18, ’n halfuur ná die episode was dit nr. 6, en die oggend toe ek wakker word, nr. 1. Dit was surrealisties. Dis Afrikaans, dis kykNET: Waddehel?” Karen se weergawe van Anneli van Rooyen se “Neem My Op Vlerke” (wat saam met Metallica se “Enter Sandman” vermeng is) en haar en Valiant Swart se weergawe van “Sonvan­ger” is steeds op > 23 2016 | UITGAWE 4 | kykNET