kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 17

’n Vete sonder einde Boesemvriende Bridgette October en Lee-Ann Jacobs Jerome en Rhafiek Hulle het saam grootgeword en Rhafiek is die enigste een wat dwarsdeur Jerome se masker van pret en plesier kan sien, en Jerome is die enigste een wat Rhafiek se litte los kan skud. Michelle en Bianca Met haar aankoms in Ruiterbosch het Bianca niemand geken nie, maar haar geheimsinnigheid en nuuskie­ righeid oor Mymoena het gou van Michelle en Bianca goeie vriende gemaak. Michelle is die eerste een wat geweet het van Bianca se ver­ wantskap met Mymoena, en Bianca is die eerste een wat geweet het van Michelle se swangerskap. Bridgette, die oudste van die twee, is nog altyd gewoond daaraan om tweede te kom. In Bridgette se oë is Lee-Ann ’n bedorwe laatlammetjie, en miskien het Mrs J en Henry haar te sagkens behandel. Sy is jaloers op Lee-Ann omdat sy mooier en jonger as sy is. Sy het ook altyd gevoel haar ma trek vir Lee-Ann voor. Lee-Ann was destyds dolverlief op Ian en het ’n skelm verhouding met hom gehad – iets waarvan Bridgette uitgevind het. Bridgette blameer nog al die jare vir Lee-Ann oor hulle pa se dood, maar dit het aan die lig gekom dat Bridgette net soveel skuld daaraan het. Lee-Ann en Bridgette het baie om te vergewe… en baie om te vergeet. WAT IS OP PAD? Die man wat destyds vir Henry Jacobs vermoor het, word vrygelaat – en die Jacobs-vroue moet die verlede weer vierkant in die oë kyk. Dis egter nie net hulle wat teen die spoke van die verlede moet baklei nie, maar ook Ian en Chris, wat saam ’n baie donker geheim oor daardie noodlottige aand deel. Rhafiek word gesaboteer by die werk en daar is ’n moontlikheid dat hy ’n aanbod in Durban gaan aanvaar, maar Nicci is nie gelukkig nie. Nicci is in groter moeilikheid as wat Tim, Rhafiek of enige ander familielid besef. Gaan hulle dit betyds agterkom? Mymoena se broer, Ismail, kom maak ’n draai in Ruiterbosch en sy passie en talent oorrompel nie net die Samsodiens nie, maar ook iemand heeltemal onverwags. Die Gerbers het uiteindelik hulle eie woning, maar soos dit maar in die lewe gaan, is alles nie altyd rooskleurig nie. Suidooster Maandae-Donderdae om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en kykNET & Kie (145) 2016 | UITGAWE 4 | kykNET 17