kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 15

Bianca Die Samsodiens Mymoena (Jill Levenberg) en AB Sam­ sodien (Cedwyn Joel), die apteker van Ruiterbosch, is gelukkig getroud, maar wanneer Bianca Fourie (Simone Biscombe) opdaag, breek alle hel los. Mymoena is Bianca se biologiese ma, maar sy het haar vir aanneming weggegee en nooit vir AB van haar vertel nie. Bianca kry werk as kelnerin by Oos Wes en erken aan haar vriendin Michelle Gerber (Greta Pietersen) dat haar biologiese ma in die sentrum “werk”. Bianca sê vir Mymoena sy is haar ma en AB dreig om van haar te skei, maar dinge kom reg en Bianca word deel van die familie. Rhafiek AB Mymoena is Bianca se biologiese ma Mymoena Oom Fasie Tim Stefan Chris Die Fouries en Gerbers Stefan (Gideon Lombard) en Michelle Gerber is familie van Chris en Tim (Marco Spaumer) du Plooy wat weens finansiële probleme vir ’n onbepaalde tyd by hulle intrek. Michelle wil graag met ’n gesin begin, maar Stefan dink hulle moet wag. Dan raak sy wel swanger… en Stefan sukkel om die nuus te verwerk. Konkel saam om beheer oor die sentrum te kry Michelle Daar is komplikasies met die swangerskap en Michelle verloor die baba. Hulle het mekaar nou meer as ooit tevore nodig. Rita du Plooy (Illse Roos) is Chris se vrou en Tim se ma. Sy was baie jare in ’n sanatorium weens skisofrenie. Rita probeer baie hard om normaal voor te kom en sy besluit om haar medikasie te los. Sy vermoed Chris en Lee-Ann het ’n ver­­ houding en sy verdwyn. Later word sy in Mrs J se huis betrap en dan weer na die sanato­ rium weggestuur. Oom Fasie, ’n wewenaar, was ’n bekroonde joernalis en is vandag die eienaar van die koerant Oos Wes. Ná ’n skiet­ voorval in die apteek waarin AB beseer is, begin hy foute maak. Wanneer Fasie se geliefde Matilda (Tilla Diedericks) die verkeerde pille drink en aan ’n hartaanval sterf, sweer Derick, Mathilda se seun, wraak teen AB en sy apteek. Maar is AB skuldig? Of is iemand anders te blameer? Oom Fasie kry ’n beroerte en sy langverlore suster, Hanna van Schalkwyk (Lida Botha), kom na hom omsien. Dit is egter allesbehalwe ’n gelukkige reünie, maar hulle begrawe die strydbyl en Hanna neem Fasie terug na sy tuisland, die Vry­ staat. Oos Wes word in Stefan se bekwame hande gelaat. > Stefan is nou in beheer van Oos Wes 15 Fasie 2016 | UITGAWE 4 | kykNET