kykNET Uitgawe 4 - 2016 | Page 12

VIR DIE VOËLS Die perfekte

Neels van Jaarsveld , Nicola Hanekom en Leandry Smith in
’ n toneel uit Vir die Voëls . Leandry speel die rol van die jong Irma en Van Jaarsveld en Hanekom is haar ouers .

romantiese komedie

Toe Huisgenoot besluit om ’ n rolprent te vervaardig om sy 100ste verjaardag te vier , is die hulp van kykNET-Films dadelik ingeroep . Die uiteinde is Vir die Voëls , ’ n nostalgiese drama met ’ n uitstekende rolverdeling .
12

Irma Humpel is ’ n rabbedoe vir wie onafhanklikheid baie belangrik is . Sampie de Klerk is die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het . Hoe het dit dan gebeur dat hulle langs mekaar voor die kansel beland ?

Dít is die verhaal van Vir die Voëls , die rolprent wat gemaak is ter viering van Huisgenoot se 100ste bestaansjaar .
Die idee vir die draaiboek het gekom nadat die tydskrif ’ n kompetisie begin en lesers genooi het om hulle eie stories te vertel . Die wenners was Irma en Sampie de Klerk van Newcastle . Hulle rolle in die fliek word vertolk deur Simoné Nortmann , bekend vir haar rol as Jony in Hotel , en Francois Jacobs . Ander spelers sluit in Neels van Jaarsveld , Nicola
Hanekom , Elize Cawood , Mila Guy en Drikus Volschenk .
“ Huisgenoot het ons genader om te hoor hoe maak ’ n mens ’ n fliek ,” sê Karen Meiring , hoof van kykNET-kanale . “ Ons het voorgestel hulle hou ’ n kompetisie waar mense hulle liefdesverhaal inskryf . Daar was baie inskrywings , maar ons het dadelik van Irma en Sampie se storie gehou . Ek het al die eindproduk gesien en dit is ’ n wonderlike fliek . Dis so na aan ’ n perfekte romantiese komedie as wat jy kan kry . Ek het gelag én gehuil !”
“ VIR DIE VOËLS SE DRAAIBOEK was ’ n heerlike kreatiewe proses wat begin het met ’ n hele hoop navorsing ,” sê Tina Kruger , die draaiboekskrywer . “ Aangesien
die storie gegrond is op die ware liefdesverhaal van Irma en Sampie wat in 1980 teen die agtergrond van die Grensoorlog afgespeel het , moes ek diep in die argiewe gaan grawe om te sien hoe die wêreld gelyk het vir twee liefdesduifies van daardie era .
“ Ek het ’ n naweek lank by Irma en Sampie op Newcastle gaan kuier en soveel as moontlik inligting en staaltjies ingesamel . Daarna het ek my skryfruimte met soveel as moontlik foto ’ s en musiek van daardie tyd gevul en struktuur gegee aan die lewensverhaal , wat nou in ’ n fliek van ’ n uur en ’ n half omskep moes word . Dit het my ’ n jaar geneem om die draaiboek te skaaf tot die punt waar ek dit aan die regisseur , Quentin Krog , oorhandig het .”
kykNET | UITGAWE 4 | 2016