kykNET April 2017 | Page 9

# phil101

ONTMOET ... Cintaine Schutte

Fees- en teatergangers ken al die naam Cintaine Schutte . Maar nou is dit kassie toe met haar , in die kykNET-komedie Phil 101 , en al hoe meer mense gaan weet wie dié talentvolle jong aktrise met die interessante naam is .

Met teaterproduksies soos Moeder Moed en Haar Kinders ( Kanna-toekenning as beste vroulike byspeler ), Die Huis van Bernarda Alba ( Fiëstabenoe ming as beste vroulike byspeler ) en die treffer Amper , Vrystaat het Cintaine Schutte die tonge los gehad . Nou het sy haar eerste TV-rol losgeslaan .

Waar kom jy vandaan ? En waar kom jou naam vandaan ? Ek is gebore en getoë in Pretoria – was in die Laerskool Tygerpoort en Hoërskool Die Wilgers . Daarna B . A . Drama aan die Universiteit van Pretoria en toe honneurs by die Universiteit van Kaapstad . My ma en pa is groot aanhangers van Wilbur Smith , en my naam kom uit een van sy boeke – dit beteken “ draai van die eeu ”. Iets wat min mense van my weet is dat ek en die akteur Albert Pretorius saam matriekafskeid toe was ( foto onder ).
Hoe hou jy die pot aan die kook ? Ek maak seker finansies oorheers nooit my lewe nie . Wanneer die pot oorkook , spaar ek vir wanneer die pot nié kook nie . Dit het ek al vroeg in my loopbaan geleer . Daai spaarrekening is baie belangrik !
Dan is dit belangrik om vir jouself werk te skep : Om iets te skryf , konsepte uit te werk , navorsing te doen , agter die skerms te werk . Ek het onlangs produksies begin bestuur en geniet dit baie . Ek het ook al iets van alles gedoen – van ’ n kelnerin tot ’ n au pair tot ’ n dog walker .
Jy ’ t ’ n groot liefde vir die teater ... Ek is baie lief vir die verhoog en voel bevooreg dat ek nog in die teater kan werk .
Vertel meer oor die skuif na TV . Dit was ’ n groot uitdaging , veral omdat dinge nie chronologies geskiet word nie . Dit verg net soveel dissipline en konsentrasie as teater . Ek moet bieg ek het so effens verlief geraak op die medium . Baie van my tonele is saam met Bennie Fourie , en dit was só lekker om saam met hom te werk . Hy het die proses vir my maklik gemaak . Die regisseur , Johan Cronjé , het ongelooflike kennis en geduld – én ’ n subtiele fyn oog . Ek het baie geleer .
Wat is die uitdaging van komedie ? Om eerlik te wees sonder om snaaks te probeer wees . Dit is so met enige toneelspel – jy moet die situasie éérlik speel .
En wat is jou droomrol ? Daar is nie ’ n spesifieke rol nie . Solank ek net kan werk en soveel as moontlik die geleentheid kry om stories te vertel . Of dit nou die storie van Florence Nightin gale is en of ek Lady Macbeth is en of ek Tinkerbell speel .
Wat is die hoogtepunte in jou loopbaan ? Eerstens beslis Phil 101 . Ook die toneelstuk Die Seemeeu . Om met die regisseur Christiaan Olwagen te werk is altyd wonderlik . Dan Moeder Moed en Haar Kinders en natuurlik Amper , Vrystaat . En dan was ’ n ander groot hoogtepunt om ’ n beoordelaar te wees van die ATKV Tienertoneel en jong talent raak te sien .
Wat is jou raad aan iemand wat van drama ’ n lewe wil maak ? Maak seker – nee dúbbel seker – dit is wat jy wil doen . Jy moet ’ n liefde daarvoor hê , geduldig wees én bereid wees om vrekhard te werk . Maar die belangrikste : Moenie jouself met iemand anders vergelyk nie . Wees net jouself .
Phil 101 Vanaf Maandag 10 April om 20:30 op kykNET , kanaal 144
9
Vir agter-die-skerms-video ’ s en -onderhoude besoek www . kykNET . tv APRIL 2017 | kykNET