kykNET April 2017 | Page 5

HIER’S DIE 10 Tien jong kokke. Twee beoordelaars wat hulle proe ken. En aan die einde word net één van die tien aangewys as Suid-Afrika se eerste Kokkedoortjie. Uit ’n magdom inskrywings van aspirantkokke is slegs 150 genooi om na die oudisies in Bloemfontein, Johannesburg en Kaapstad te kom. Hiervoor moes hulle ses kolwyntjies saambring én ’n kombuistoets doen waar hulle ’n sunny side up-eier op brood moes maak. Uiteindelik is op die volgende tien finaliste besluit. Mikael Morkel (10) van Centurion kook al van kleintyd af saam met sy ma, Jacqueline. Klaredy van Wyk (11) is van Hartbeespoort en haar ouers, Francois en Heleen, het haar leer kook. Thali Hugo (11) is van Wellington en het by haar ma, Aletha, leer kook. Christian Cloete (11) is van Stellenbosch en sy ma, Martmarie, het hom in die kombuis touwys gemaak. Jarique Eilers (12) is van Daniëlskuil en sy ma, Senobia, was sy leermeester. Mia Grobler (13) kom van Lynnwood, Pretoria, en hou al van kleintyd af haar ouers dop terwyl hulle in die kombuis werskaf. Christi Myburgh is op 14 die oudste finalis. Hy is van Bloemfontein en sy ma, Brenda, het hom die fyner kunsies van kosmaak geleer. Ian Grobler (13) is van George. Hy gee veral sy oumas, Elsabé Jordaan en Annemarie Grobler, krediet vir kosgeheime wat hy onder die knie het. Edwin Theron (12) is van Worcester en sê hy kyk baie YouTube-kosvideo’s – iets wat hom baie in die kombuis geleer het. Dean Barnard (12) is van Kempton Park. Hy sê hy kan veral sy ouma­ grootjie Marie Wale bedank vir sy kookvernuf. van ’n onverjaardagkoek tot ’n gesonde superheld-burger. Dis weer ’n emosionele wipwarit van die eerste water totdat die wenner uiteindelik aangewys word.” Was dit anders om Kokkedoortjie te maak omdat kinders betrokke is? Was die produksiespan meer sensitief om nie gevoelens seer te maak nie? “Kokkedoor­ tjie was anders omdat die kinders ’n ma of pa kon saambring,” sê Jaco. “Die kos is steeds eerlik beoordeel en soms moes die ouer se gemoed eerder as die kind s’n gekalmeer word!” OP DIE BOEKRAK Sedert die eerste reeks van Kokkedoor het  verskeie boeke deur wenners en deel­nemers verskyn. By NB het die volgende titels ver­ skyn – ’n hele paar van hulle topverkopers. • Kokkedoor deur Errieda du Toit • Makietie deur Tiaan Langenegger en Mynhardt Joubert • Tannie Poppie Kook en Tannie Poppie Kook Weer deur Poppie Coetzer • Deeg deur Theresa de Vries (verskyn in Junie) • Kokkedoor 2 deur Errieda du Toit • Eenmaal deur Johnny Hamman • Koekedoor deur Errieda du Toit • Uitgerys deur Mareli Visser • Koekedoor 2 deur Errieda du Toit •  Corli se Kombuis deur Corli Botha In Julie verskyn ook ’n Kokkedoortjie-boek, saamgestel deur Errieda du Toit. Kokkedoortjie Vanaf Woensdag 5 April om 20:00 op kykNET, kanaal 144 Resepte en agter-die-skerms-video’s beskikbaar by www.kykNET.tv APRIL 2017 | kykNET 5