kykNET April 2017 | Page 4

# kokkedoortjie KOKKEDOOR kry kleintjies !

Sedert 2013 , toe die eerste reeks van Kokkedoor uitgesaai is , het die reeks ontwikkel tot ’ n handelsmerk op sy eie . Eers Kokkedoor , toe Koekedoor en nou Kokkedoortjie , wat kykers van 5 April af vasgenael gaan hou .
4

Soos ’ n brood wat goed rys . Of ’ n dubbellaag-sjokoladekoek wat die eerste prys wen op die skou . Só kan ’ n mens kyk na die suksesverhaal van Kokkedoor en al sy vertakkings .

Hieruit is nie net ’ n klomp supersterre gebore nie , maar ook ’ n hele rits boeke en ander produkte . Tiaan Langenegger , Mynhardt Joubert , Johnny Hamman , Mareli Visser , Tannie Poppie Coetzer ... Almal kokke en bakkers wat onbekend was voor hulle hulle slag gewys het in Kokkedoor en Koekedoor .
“ Die idee vir Kokkedoor is destyds gebore toe MasterChef in Suid-Afrika begin het ,” sê Jaco Loubser van Homebrew Films , vervaardiger van Kokkedoor , Koekedoor en nou ook Kokkedoortjie . “ Ons en kykNET het besluit ons kan nié die internasionale formate slaafs navolg nie . Omdat kos en kosmaak so deel is van ons kultuur , het ons besluit om ons eie formaat uit te werk . En die sukses daarvan het ons stoutste verwagtinge oortref !”
Koekedoor was ’ n logiese uitvloeisel van Kokkedoor , sê Jaco . “ Bak is egter ’ n baie meer presiese , selfs wetenskaplike proses en daarom het die spanne plek gemaak vir enkeldeelnemers .”
Natuurlik het hulle gehoop van die deelnemers sou bekendheid verwerf , maar hulle het nooit gedink soveel van hulle sou in die openbare oog bly nie . “ By baie werklikheidsprogramme is die meeste van die wenners ’ n oornagsukses , maar dan verdwyn hulle net so vinnig weer . Hier het ons nie net nuwe name op die Suid-Afrikaanse kostoneel laat verskyn nie , maar hulle is daar om te bly .”
Dit verg maande se beplanning en
’ n groot span om programme soos dié te maak . Én heelwat uitdagings .
“ Vir my was die grootste uitdaging om skaam deelnemers uit hulle dop te laat kruip ,” sê Naudé van der Merwe , inhoudsregisseur van Koekedoor en Kokkedoortjie . “ Ek dink deelnemers word dikwels oorweldig deur die skaal van hierdie produksies . Daar is baie ligte , baie kameras en ’ n hele spul bemanningslede wie se aandag die hele tyd op jou gefokus is . Maar sodra hulle begin kosmaak , vergeet hulle daarvan . Elke onderhoud ná ’ n kooksessie raak vir hulle ’ n bietjie soos ’ n besoek aan die sielkundige : Sommige maak dadelik oop , terwyl jy met ander ’ n manier moet vind om daai eerlike oomblikke op kamera vas te vang . Dit verg soms ’ n bietjie krapwerk .”
WAT KAN MENSE van Kokkedoortjie verwag ? “ Ek dink dit gaan mense verstom ,” sê Naudé . “ Die tegnologie het die manier hoe kinders met die wêreld omgaan , heeltemal verander . Dit was ook lekker om te sien die Kokkedoortjie-deelnemers is steeds net kinders . Sodra die kameras ophou rol het , was hulle dadelik by die bome , oor mure , op tafels . Maar hulle kan goed kosmaak . Dit gaan ook vir kykers interessant wees om te sien hoe die kinders met hulle ouers kommunikeer .”
“ Kokkedoortjie is ’ n ontvlugting na ’ n tyd toe ons almal nog jonk was ,” sê Jaco . “ Die kombuis het ’ n Alice in Wonderland- en Charlie en die Sjokoladefabriek-tema en dinge is effens magies en fantasties . Maar dit bly net ’ n kompetisie . Uitdagings het gewissel van ontbyt in die bed tot die beste kosblik ,
Nic van Wyk en Mari-Louis Guy , die beoordelaars van Kokkedoortjie .
kykNET | APRIL 2017