kykNET April 2017 | Page 3

Kyk hoe lyk ons nou !

Die tydskrif wat jy nou in jou hand vashou , kykNET se Digityd , is moontlik die eerste digitale tydskrif wat ook gedruk word . Só kan ons kykers al drie ons kanale se skedules met een oogopslag sien en hulle kyktyd beplan . Boonop is April ’ n groot maand vir kanaal 144 , 145 en 146 : Ons trek ’ n nuwe baadjie aan en gaan nóg meer ure se vars programme en oorspronklike reekse uitsaai .

By die afgelope toekennings van SAFTA ( die South African Film and Television Awards ) wat in Maart by Sun City gehou is , het kykNET met die louere weggestap in nie minder nie as 25 kategorieë . Dit is ’ n rekordgetal en ’ n uitsonderlike prestasie , en getuig van toegewyde en passievolle vervaardigers , kreatiewe spanne , skrywers , musici , regisseurs , aanbieders , akteurs , tegnici en ’ n uithaler-kykNET-span .
Almal van ons het net een doel voor oë : om stories te vertel wat mense sal raak , roer , vermaak en verryk . En bowenal moet dit waarde vir tyd bied . kykNET bly meer as net ’ n televisiekanaal en ons koester getrou die bedryf waarin ons delf . Vandeesmaand is ons by die KKNK op Oudtshoorn – kom kuier vir ons in Baron van Reedestraat ! Ons sien ook daarna uit om die beste en topverkopers in die Afrikaanse musiekbedryf te vier by die kykNET Ghoemas wat vanjaar vir die eerste keer op 23 April van Emperors Palace in Kempton Park uitgesaai word .
Oor die jare het kykNET ’ n ryke argief
opgebou wat ons op kykNET & Kie met nuwe intekenare wil deel . kykNET NOU ! fokus op die nuutste , gewildste en immergroen musiekvideo ’ s en vermaak , en moenie die daaglikse regstreekse sarsie van ChatNOU ! misloop nie . Glo my , kykNET is vol lewe ! Tot volgende maand .

Karen en die kykNET-span

APRIL 2017

inhoud

4 | Kokkedoortjie
Hier is die 10 finaliste !
7 | Phil101
Dié is slim komedie , sê Bennie Fourie
9 | Phil 101
Fees- en teatergangers ken vir Cintaine Schutte ; nou ’ s sy ook op TV te sien
10 | Sara se Geheim
Ons gesels met June van Merch oor haar nuwe TV-rol
12 | Kwêla
Só kry ons die stories wat mense roer
15 | # DisTyd
Quentin Krog vertel hoe die idees vir kykNET se advertensies gebore is
16 | TV-skedules
Hou dit byderhand vir al drie die kykNET-kanale
25 | Veelsydige man
La ’ t Wiel se André Weideman is ook te sien in Sara se Gehem
26 | Taliep Petersen
Emo Adams gesels oor die huldigingskonsert vir Uncle Taliep
29 | Ghoemas
Hier ’ s al die benoemdes vir vanjaar se toekennings
30 | Rubriek
Johrné van Huyssteen oor die vervlakste hadidas ...
Vir kykNET Direkteur : kykNET-kanale , M-Net Karen Meiring
Hoof van bemarking en publisiteit : kykNET-kanale Angerie van Wyk
Skakel- en mediabestuurder Suzaan Keyter
@ kykNETtv
kyknet . co . za
Kontak kykNET
011 686 6000 kyknet @ kyknet . co . za
kykNETtv
kykNETtv
Uitgewer : In Context Redakteur Ilza Roggeband
Besturende redakteur Peter van Noord
Kunshoof Monique Mouissie
Teksredigering Peter van Noord en Johan van Zyl
Medewerkers Johrné van Huyssteen , Haidee Muller , Henry Cloete , Sanri van Wyk , Johan van Zyl , Gerda Engelbrecht en Pieter-Dirk Uys
Foto ’ s verskaf deur kykNET ( tensy anders vermeld )
30 | Raai , raai riepa
Weet jy wie is dié baba ?
31 | Blokraai
Kry die verskuilde woord en wen R1 000 se Pick n Pay-koopbewyse
33 | Die Rebellie van Lafras Verwey
Dié klassieke stuk letterkunde is nou ook op die kassie !
34 | Rubriek
Pieter-Dirk Uys sê “ kielie ” is sy gunstelingwoord
3
APRIL 2017 | kykNET