kykNET April 2017 | Page 27

ook weet hoe passievol Karen voel oor Taliep , het ek die idee om die herdenkings konsert te verfilm en ’ n bietjie vleis te gee met kort dokkiestyl-insetsels heel eerste aan haar ge-pitch . In daai eerste oproep al het Karen gesê hulle is aan boord .”
TIEN JAAR ná Taliep Petersen se tragiese dood bly sy nalatenskap ’ n rigtinggewende baken in die Suid-Afrikaanse kultuurlandskap . Distrik Ses , sy nou byna mitiese geboortebuurt wat in Februarie 1966 onder die Groepsgebiedewet tot sogenaamde blanke gebied verklaar is en gelei het tot die verskuiwing van sowat 55 000 inwoners na die Kaapse Vlakte , sou vir die res van sy kreatiewe lewe vir Taliep ’ n ryke voedingsbron bly .
Dit het nie net neerslag gevind in treffermusiekblyspele soos District Six – The Musical ( 1987 ), die interna sionaal bekroonde Kat and the Kings ( vanaf 1995 ), Ghoema ( 2006 ) en verskeie ander nie ; ook met sy televisiebydraes wou Taliep help om die musiekkultuur van die werkersklasmense van die Kaap lewend te hou , vertel die TV-regisseur en -vervaardiger Herman Binge , wat etlike projekte saam met Taliep voltooi het en ook die regisseur en vervaardiger was van kykNET Onthou Taliep Petersen , ’ n dokumentêre program wat ná sy dood uitgesaai is .
“ Taliep wou ’ n sterker openbare stem vir sy gemeenskap op plaaslike televisie bewerkstellig , hy wou stereotipes uitroei wat nasiebou belemmer en eerder brûe bou wat versoening tussen veral die Afrikaanssprekende gemeenskappe bevorder .”
Vir Herman is dit ’ n verdere tragedie dat die moord op Taliep ook ’ n einde gebring het aan vier televisieprojekte waarmee hy en Taliep in daardie stadium besig was : ’ n dramareeks , Wrong Place at the Right Time ; die komediereeks La Mamma ; Storie van langarm , ’ n musiekblyspel met spesifieke verwysing na die geslagte plaaswerkers wat musiek gemaak het vir die boere ; en ’ n dokumentêre program oor die geskiedenis van die Nederlandse moppies en liedjies met spesifieke verwysing na die slawegeskiedenis .
“ As ’ n mens kyk na dié verskeidenheid van onvoltooide programme , is dit moeilik om jou iemand voor te stel wat in
‘ Taliep was nou wel bekend as “ die Kaap se Mr Entertainment ”, maar álmal was mal oor hom .’
Taliep se skoene kan klim . Ek dink wel iemand soos Emo , wat deur hom ‘ grootgemaak ’ is in die teater en ingebreek is in televisie , het tot ’ n mate in sy voetspore gevolg as ’ n soort musikale voorloper vir die Kaapse Afrikaanse gemeenskap op TV .
“ Ná sy aanvanklike weersin in Afrikaans het Taliep ná 1994 die taal met passie gepraat en bevorder – soos sy mense dit praat . Hy was ’ n rolmodel en leier vir ’ n hele geslag akteurs , musikante ( ook straatmusikante ) en sangers ( ook Klopse en Maleierkoorsangers ). En dan was hy natuurlik ’ n dierbare lojale vriend , ’ n liefdevolle pa en ’ n inspirerende kunstenaar en skrywer wat almal wat met hom in aanraking gekom het , só diep geraak dat ’ n mens hom nooit sal vergeet nie .”
Herman Binge was die vervaardiger van verskeie TV-programme waarin Taliep betrokke was .
Taliep op TV
• O ’ se Distrik Ses ( 2001 ) Taliep was die aanbieder en een van die draaiboekskrywers van dié veelbekroonde dokumentêre reeks oor die geskiedenis van die kosmopolitaanse buurt waar hy gebore is .
• Alie Barber ( 2002 & 2005 ) Taliep en Herman was mederegisseurs en -vervaardigers van twee seisoene van dié musikale sitkom . Taliep het ook die musiek gekomponeer en saam met Mitch Adams die teks geskryf .
• Joltyd Taliep was die aanbieder en musiekregisseur van hierdie kykNETreeks waarin Kaapse Klopse-groepe meegeding het .
• Idols ( 2006 ) Hy was een van drie beoordelaars op die Afrikaanse weergawe van Idols op kykNET .
• Kaapse Jol Taliep en Herman Binge was medevervaardigers van ’ n reeks van 4 episodes vir die SABC .
• Liriekeraai Volgens Herman Binge , die vervaardiger , het Taliep as deelnemer , sanger en koördineerder oor die jare ’ n enorme bydrae gelewer tot die Nuwejaars- en Valentynsepisodes van dié speletjiesprogram .
Emo Adams

Wie is te sien ? David Kramer ( vriende sedert hulle ontmoeting in 1975 en 30 jaar lank sakevenote ) • Loukmaan Adams , Emo Adams , Alistair Izobell en Jody Abrahams ( almal het Broe ’ tjie gespeel in District Six – The Musical ) • Terry Fortune ( goeie vriend en die eerste fopdosser in SA wat regtig kon sing en ook saam met Taliep getoer het ) • Sophia Foster ( goeie vriend en een van die eerste kabaretkunstenaars op plaaslike televisie wat saam met Taliep getoer het ) • James Bhemgee ( wenner van SA ’ s Got Talent ) • Die kommersiële sterre Jimmy Nevis , Neville D en Chad Saaiman • Die Idols-wenners Karen Kortje en Sasha-Lee Davids • Madeegha Anders ( Taliep se eerste vrou ) • Die aktrise Denise Newman

• Rick-lynn Groenewald ( seun van wyle Ricardo van “ I Love You Daddy ” -faam ) • Die Petersen-kinders se groep Die Jaloersbokkies • Nur Abrahams , die stem agter Taliep se treffer “ Welcome to Cape Town ” • Die legendariese Vicky Sampson • The Rockets ( saam met wie Taliep soms destyds opgetree het ) • Die Kaaps- Maleise Koor • Die Suid-Afrikaanse Jeugkoor • Shaleen Surtie-Richards ( seremoniemeester )
Die Taliep Petersen-huldeblyk Sondag 16 April 2017 om 20:00 op kykNET , kanaal 144
27
Vir agter-die-skerms-foto ’ s besoek www . kykNET . tv APRIL 2017 | kykNET