kykNET April 2017 | Page 26

26

# TaliepTribute TER ERE VAN Uncle Taliep

’ n Spesiale huldigingskonsert wat die lewe en musiek van Taliep Petersen vier , word in April uitgesaai die dag nadat dié musikale brugbouer van Distrik Ses 67 sou word .
Deur Johan van Zyl

Toe Emo Adams as sewejarige laaitie vir “ uncle Taliep ” en “ uncle David ” ( Kramer ) by ’ n oudisie ontmoet , het hy nie ’ n benul gehad dat hy drie dekades later die vervaardiger sou wees van ’ n verhoogén televisieproduksie ter ere van die man wat sy musikale mentor sou word nie .

“ Daai heel eerste keer saam met my pa en broer Loukmaan by die oudisie in die Baxter waar Loukmaan die rol van die koerantverkopertjie Broe ’ tjie in District Six – The Musical losgeslaan het , was ek ’ n bietjie overwhelmed deur Taliep en David . Starstruck ,” lag Emo . “ Maar toe Loukmaan later die rol ontgroei , het Uncle Taliep-hulle dit amper outomaties vir my gegee . Daarom het ek seker gemaak al vier van ons wat oor die jare Broe ’ tjie vertolk het – Loukmaan , ek , Alistair Izobell en Jody Abrahams – doen saam ’ n song by die tribute concert wat op 29 Oktober 2016 in die Grand Arena by GrandWest in die Kaap gehou is .”
DIE GEDAGTE VIR dié huldigingskou spel is gebore nadat Emo vir Ashur , Taliep se enigste seun , op die lughawe raakgeloop het . Ashur wou hê Emo moet hom help om die tiende herdenking van sy pa se ontydige dood op 16 Desember 2006 te vier met ’ n nuwe produksie van sy eie huldeblykvertoning , Like Father , Like Son , in die Joseph Stone-teater .
“ Maar toe sê ek vir Ashur tien jaar is ’ n lang tyd en jou pa was so ’ n special man ; hoekom gaan ons nie gróót in ’ n plek met 5 000 seats pleks van 500 nie ? Kom ons kry al die mense bymekaar wat oor die jare deur hom beïnvloed is .”
Ashur en die res van Taliep se familie was te vinde vir die idee , en só het Emo en Ashur medevervaardigers geword van die verhoogproduksie met Basil Appollis as regisseur en Camillo Lombard , wat “ 75 % van Taliep se musiek goed geken ” en saam met Taliep aan Liriekeraai op kykNET gewerk het , as musiekregisseur .
Emo lag . “ Toe dog ek in die geheim : As ons ’ n show met soveel heavy weights gaan doen , móét ons dit met die res van Suid-Afrika deel . Taliep was nou wel bekend as ‘ die Kaap se Mr Entertainment ’, maar álmal was mal oor hom – van PE tot Durban tot Johannesburg tot oorsee . Omdat ek ’ n goeie verhouding met kykNET en Karen Meiring het , en kykNET | APRIL 2017