kykNET April 2017 | Page 15

# distyd ’ n ‘ Vol lewe ’ vir Quentin

Hy was die regisseur van die trefferfliek Vir die Voëls en die gewilde TV-reeks Die Boekklub , en nou het Quentin Krog ook die regie van kykNET se nuwe TV-advertensies behartig .
Deur Henry Cloete

Elke dag word dit moeiliker om TV-advertensies te skep wat waarlik die oog tref en kykers meesleur , sê die jong regisseur Quentin Krog . En dis grootliks weens nuwe tegnologie soos stroomdienste en on demand viewing .

“ Die manier waarop ek en my gesin deesdae media gebruik , verskil byvoorbeeld drasties van selfs twee jaar gelede . Die uitdaging vir advertensiemakers is dus om beelde en stories te skep wat lank genoeg die aandag hou sodat die kyker kan hóór wat ons te sê het .”
Toe Quentin genader is om die regie van kykNET se nuwe “ Vol lewe ” -advertensies te behartig , wou hy juis dié uitdaging verken en aanpak . Hy het al diep spore getrap in die Afrikaanse vermaakwêreld – onder meer was hy in die belangrikste stoel op stel vir die trefferflieks Ballade vir ’ n Enkeling en Vir die Voëls . Vir die skryf en beplan van die “ Vol lewe ” -veldtog het hy kragte saamgesnoer met Hennie van Deventer van die kreatiewe agentskap Clearwater .
Sommige kreatiewe breine floreer in afsondering , maar Quentin verkies die saamspan-opsie . “ Ek skryf beslis beter saam met ander mense as wanneer ek alleen is ,” sê hy . “ Dit was heerlik om saam met Hennie te werk . Hy ’ s baie oopkop as dit kom by die verkenning van nuwe idees . Ek en hy het basies net in ’ n kamer gesit en idees aframmel tot die regtes begin uitspring het .”
Dié idees sou lei tot ’ n ambisieuse veldtog : Twaalf advertensies , opgedeel in vier scenario ’ s wat oor ’ n lang tydperk uitgesaai word . “ Ons wou vier kort stories skep waarby kykers uit verskillende demografieë aanklank kan vind . Die vier scenario ’ s is uniek , maar in elkeen is daar ’ n gebeurtenis wat dan lei tot ’ n einddoel wat hulle verbind . Die stories is dus uit dieselfde hout gesny .
Quentin by die kinematograaf Tom Marais ( middel ) en Leo Smit , handelsmerkbestuurder : kykNET .
Waar is die blou stoel heen ? Gaan na www . kykNET . tv en klik op “ Video ’ s ”
‘ Een van die stories is dus vir jóú bedoel , en ons hoop dit sal jou aandag vasvang .’
Die gedagte is nié dat iemand heeltemal moet identifiseer met al die stories nie , maar daar is ’ n storie vir elke kyker , uit elke walk of life . Een van die stories is dus vir jóú bedoel , en ons hoop dit sal jou aandag vasvang .”
Toe dié benadering eers vasgestel is , kon hulle by die storie — werk uitkom . Die oorkoepelende boodskap is eenvoudig : “ Ons moes wys kykNET besef vrye tyd is skaars en waardevol , en wil daarom sy kykers beloon met goeie vermaak wat jou tyd werd is .” Dit is die tweede keer dat Quentin die regie van ’ n kykNETadver tensieveldtog behartig . Hy meen hoewel daar groot verskille is tussen flieks en advertensies maak , is dit ook baie dieselfde .
“ Dis iets wat ek baie geniet . Die tyd wat dit verg , is uiteraard minder as met ’ n TV-reeks of fliek , maar die kreatiewe prosesse is baie dieselfde . Vir ’ n fliek skep jy ure se vermaak en vir ’ n advertensie net enkele minute ... soms teen dieselfde begroting !”
Quentin balanseer sy uitdagende loopbaan met ’ n jong gesin – beslis nie kinderspeletjies nie . “ My ideale werkscenario is eintlik een vollengte fliek per jaar , en dan ’ n paar advertensies wat daardie gapings kan vul .”
Drié vollengte flieks wag op hom , sonder ’ n blaaskans tussendeur . ’ n Vol lewe , inderdaad .
15
APRIL 2017 | kykNET