kykNET April 2017 | Page 13

Ná bykans 900 uitsendings is Kwêla nog elke week op die kassie , reg om kykers te inspireer met stories van mense wat opstaan , saamstaam en bo hulle omstandighede uitstyg – “ gewone mense wat ongewone goed doen ”. Drie van die program se voorvatters vertel waarom hulle dink Kwêla – die Zoeloewoord vir “ opstaan om te dans ” – het ’ n wenresep as dit kom by stories kry .

Hannes van Wyk Aanbieder
“ Kwêla gaan oor gewone mense se stories ,” sê Hannes . “ Ons probeer vir kykers meer as die gewone gee – met elke storie soek ons na ’ n unieke invalshoek en wys dan wat in mense se hart aangaan en wat hulle gelukkig maak . En al is die storie ook hóé lig , word daar altyd baie goeie navorsing gedoen .”
Hy dink mense kyk die program omdat hulle eerlike stories vertel en eerlike onderhoude doen . “ Die Kwêla-span doen boonop baie moeite om uit te vind wat kykers wil sien .”
Ná twee jaar as aanbieder voel dit vir hom “ nie reg ” om ’ n gunstelingstorie uit te sonder nie . “ Daar is regtig te veel om op te noem . Ek glo as ’ n mens jou huiswerk goed doen – en mense jou vertrou en teenoor jou oopmaak – dan kan jy enige onderhoud laat werk . Mense kom baie gou agter as jy goed voorbereid is en werklik belang stel – dit is tog ’ n aanbieder se werk .”
Wat maak Kwêla se stories anders as dié op ander joernaalprogramme ?
“ Op Kwêla is daar geen pretensie en geen voorgee nie . Ons vertel die storie soos hy is , sonder om sensasie te soek .”
Paul Venter Vervaardiger
Paul meen dit is die “ inspirasiefaktor ” wat mense by Kwêla laat aanklank vind . “ Dit is eenvoudig : Dis gewone mense wat ongewone dinge doen , wat uitda gings oorkom en oorwin ... en op dié manier mense inspireer .”
Die lewensiklus van ’ n Kwêla-strorie is egter minder eenvoudig . Paul verduidelik : “ In beplanningsvergaderings word storie-idees voorgelê en deeglik ontleed en bespreek . Indien die storie goedgekeur word , word dit aan ’ n spesifieke inhoudsvervaardiger toegeken en in ’ n episode ingedeel . Die inhoudsvervaardiger doen dan al die navorsing , skakel en praat met die betrokke mense , en reël die nodige onderhoude . Intussen maak die produksiebestuurder ’ n verfilmingsdatum , kameraspan , aanbieder en regisseur vas .”
Volgens Paul is die stories wat die meeste reaksie ontlok , dié wat emosies by mense raak . “ Ons kykers is baie meelewend . Ons hoor gou van hulle as hulle ’ n mening het of ’ n stelling wil maak .” Watter storie het hόm die meeste geraak ? “ Die onderhoud met die gholflegende Gary Player ; die insetsel oor Brenda Meyer se Husky Heaven Rescue wat ’ n veilige hawe bied vir mishandelde en verworpe poolhonde ; die onderhoud met die bokslegende Kallie Knoetze ; die insetsel oor die oud-Springbok Frik du Preez ; en die storie oor Bloemfontein se Olimpiese ster Wayde van Niekerk . Én die storie van Kurt Minnaar wat hip-hop-tegnieke ingespan het om wiskunde te gee .
“ Elke week hou ek my hart vas en dink : ‘ Hoe gaan ons laasweek se stories klop ?’ En dan hoor ons van nuwe stories , en jy kry wéér hoendervleis .”
Kwêla Woensdae om 20:30 op kykNET , kanaal 144
Therese Benade Veldaanbieder en inhoudsvervaardiger
’ n Groot verskeidenheid . Mense met wie jy kan identifiseer . Niks aangeplak nie , alles natuurlik . Dít , sê Therese , is die sleutel tot die program se sukses . “ Kwêla se mense en stories is altyd inspirerend , want dit kon net sowel jy gewees het . Daar is ’ n bietjie van alles , ’ n lag met ’ n traan ,” sê sy . “ En ons luister na ons kykers en kyk wat mense wil hê .”
Een van die stories wat vir haar uitgestaan het , was dié van die gestremde swemmer Adri Visser . “ Dit was ongelooflik om te sien hoeveel van ’ n vegter sy is en hoe nugter haar uitkyk op die lewe is .”
Dít , sê Therese , is wat haar die meeste tref en wat sy in haar tyd by Kwêla oor en
‘ Kwêla se mense en stories is altyd inspirerend , want dit kon net sowel jy gewees het .’
oor gesien het : Hoe dapper mense is en hoe sterk hulle wil is om te oorleef .
Sy glo die rede waarom mense die progam met hulle besonderse stories vertrou , is omdat die proses met die grootste respek hanteer word . “ Ons spanne is fantasties . Daar is ’ n deeglike navorsingsproses agter elke storie en ons stel ’ n hele inligtingstuk vir elke insetsel saam .”
Ná tien jaar by die program is dit vir haar onmoontlik om haar ’ n lewe daarsonder voor te stel , sê Therese .
13
Lees meer oor Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie op www . kykNET . tv APRIL 2017 | kykNET