kom wat hulle sou proe nie. Hulle
moes toe neerskryf watter sensasies
en smake hulle ervaar. Hierna het
dinge interessant begin raak. Die
Europeërs het die Suid-Afrikaners se
beskrywings van hul Franse wyne
ontvang (en omgekeerd natuurlik
ook). Toe moes die wynmakers
proe-proe aan hul eie land se glase
Shiraz, en probeer om die neergepende beskrywings voor hulle by
die regte wyne te pas.
Volgens prof Wessel du Toit van die
US Departement Wingerd- en
Wynkunde was dit makliker gesê as
gedaan! Hy vertel dat kultuur en
blootstelling ‘n groot rol kan speel
in so ‘n beskrywingsproses.
“Die Franse ken nie juis koejawels
nie, terwyl dit in die Boland weer ‘n
algemene vrug is en ons dikwels
ons wyne daarmee beskryf,” vertel
hy. Op hul beurt was die Franse
weer geneig om die kleur van ‘n
mooie Shiraz-wyn as “baksteenrooi”
aan te dui, in verwysing na die soort
dakteëls wat dikwels op die Franse
platteland gesien word. “SuidAfrikaanse wynmakers was meer
geneig om na die robynkleur van
dieselfde wyn te verwys,” onthou
prof Du Toit.
Dit help dus nie altyd om ‘n
verwysing te gebruik wat nie oral
ewe bekend is nie, of wat plekspesifiek is nie. Dis veral belangrike
raad om te onthou as ‘n wyn op die
uitvoermark gerig is.
Wil jy jou eie vermoë om wyn te
evalueer heelwat opskerp, en dalk
selfs ‘n wynbeoordelaar word?
Oorweeg dan een van die
kortkursusse wat vanjaar deur
wynkundiges van die Universiteit
Stellenbosch aangebied word. Vir
meer inligting, besoek die webblad
www.sun.ac.za/shortcourses.
Om van Welgevallen Kelder se wyne
te bestel, kontak keldermeester
Riaan Wassung
([email protected]), besoek die
Facebook blad “Die Laan Wines” of
die afdeling “Welgevallen Kelder”
op die Departement Wingerd- en
Wynkunde se webblad
www.sun.ac.za/afrikaans/faculty/
agri/viticulture-oenology.