Klink die volgende vir jou bekend?
“Ek is bekommerd oor my kinders – wat gaan hulle eendag doen om ‘n inkomste te verdien?
Waar gaan hulle werk kry? Hoe gaan hulle leef en vooruitgaan? Daar is dan nie werk vir my
kinders nie?”
O
ns hoor hierdie bekommernisse op sovele
plekke en by sovele geleenthede. Dit is ook
onder leerders ‘n groot punt van bespreking
en moedeloosheid. Dit bring selfs vakkeuses en moontlike beroepsrigtings in gedrang.
Kan ons dalk ‘n gedagte op die tafel sit? Kom ons draai
die word “werkloos” met sy negatiewe uitwerkings om
en ons stel jou bekend aan die opwindende en winsgewende wêreld van die ENTREPRENEUR.
Dit mag wees dat jy nog skepties staan teenoor hierdie
positiewe geleentheid en uitkomste – dis natuurlik en
bloot menslik - maar moet dit nie summier verwerp nie.
Ons gaan vorentoe in veel meer diepte hieraan aandag
skenk en hierdie besondere wêreld aan jou bekend stel.
Die volgende vrae duik gereeld op:
Waar begin ons? Ek skok jou dalk deur te se op 3-4
jarige ouderdom. Dit is interessant om te sien die
ontdekkingsreis begin sommer al vroeg-vroeg in die
lewe.
‘n Verbaasde ouer kan beswaarlik haar opgewondenheid verberg: “Wil jy vir my vertel dat my kind
op die ouderdom 3-4 jaar al sy eerste kennismaking
met Entrepreneurskap moet ervaar - hoe word dit
gedoen?”
Vertel my nou mooi wat vir ‘n ding is ‘n Entrepreneur?
Het ‘n Entrepreneur bepaalde eienskappe?
Is hierdie “oplossing” ‘n spanpoging – wie speel
almal in hierdie span?
Ons gaan al hierdie vrae vir jou beantwoord in komende uitgawes. Ons gaan nie net met ons kinders en
tieners gesels nie, maar ewe belangrik ook met ons
ouers, leerkragte by skole en owerhede gemoeid met
Onderwys en Opleiding. Die hele benadering sal wees
een van pret en verseker die versameling van noodsaaklike inligting en tegnieke om stelselmatig die
wêreld van die Entrepreneur te ontdek. Uiteraard sluit
dit die Landbou in waar entrepreneurskap van die
grootste belang is.
Sou dit wees dat jy nie noodwendig ‘n landbouer gaan
word nie, gaan die beginsels en alles wat vorentoe aangebied gaan word nogtans van so ‘n aard wees dat jy
dit in enige ander beroepsrigting met groot vrug en
sukses kan gaan toepas. Dis ‘n proses wat jy nie moet
misloop nie!
Stuur asseblief vir ons jou vrae, aspekte wat onduidelik
is, dinge wat jou kwel en ons werk daardeur en kom
met antwoorde terug. Tot volgende keer.
John Goosen
Kontak gerus vir John Goosen by
[email protected]