wei. Weidingtoekenning is die hoeveelheid weiding wat vir die dier
beskikbaar gestel word, nie noodwendig die hoeveelheid wat die
dier ingeneem het nie. Ons het gepoog om die naweihoogte tussen
‘n diskmeterlesing van 10 en 12 (óf
5 tot 6 cm) te handhaaf. Dit verseker dat die weiding nie onder- of
oorbewei is nie én dat die dier genoegsame weiding ingeneem het.
Die kikoejoe- en raaigras-fraksie gedurende die laat-somer (Studie 1)
was baie dieselfde (40%). Dit is vir
die rede dat meerjarige raaigras
nog sterk teenwoordig is in die
somer-maande. Die raaigras-fraksie
gedurende die vroeë-lente (Studie
2) was baie dominant teenoor die
kikoejoe-fraksie. Dit is die beste tyd
van die jaar vir raaigras.
Studie 1 –
Kikoejoe
Studie 2 –
Meerjarige raaigras
1760
1931
Weidingtoekenning (kg DM/koei/dag)
12
12
Diskmeterhoogte - voorwei (1 eenheid = 0.5 cm)
23
24
Diskmeterhoogte - nawei (1 eenheid = 0.5 cm)
11
12
Kikoejoe-fraksie
40
6
Raaigras-fraksie
43
69
Peulgewas-fraksie
0
8
Ander gras-fraksie
Onkruid-fraksie
10
6
16
1
Weidingopbrengs (kg DM/ha)
Botaniese samestelling (%) op DM basis
Tabel 1: Weidingopbrengs, -toekenning en –beskrywing van kikoejoe gedurende laat-somer (Studie 1)
en van meerjarige raaigras in die vroeë-lente (Studie 2)
Die waargeneemde melkproduksie
en liggaamskondisie van Jerseykoeie wat verskillende suiwelkragvoerpeile tydens beide studies ontvang het, word in Tabel 2 aangedui. Die aanvanklike melkopbrengs
van koeie op kikoejoeweiding was
2.1 kg laer as die van koeie op die
meerjarige raaigrasweiding. Dit is
volgens verwagting, aangesien
kikoejoeweiding oor die algemeen
van ‘n laer weidingskwaliteit is as
meerjarige raaigrasweiding. Indien
Jersey-koeie geen suiwelkragvoer
ontvang het nie, het hulle slegs 8.6
kg en 12.6 kg melk vanaf kikoejoeen meerjarige raaigrasweidings,
onderskeidelik, geproduseer. Die
kombinasie van koeie wat met 4 kg
suiwelkragvoer op kikoejoeweiding
gesupplementeer was, het die
hoogste melkrespons van 1.45 kg
melk/kg suiwelkragvoer gelewer.
Die hoogste melkrespons op meerjarige raaigrasweiding was slegs
1.13 kg melk/kg suiwelkragvoer,
weereens teen ‘n suiwelkragvoerpeil van 4 kg. Melkrespons reageer
dus beter op lae-kwaliteit weiding,
soos kikoejoe. Wat ook ten vore
kom is dat koeie op die 4 kg
suiwelkragvoerpeil die hoogste
melkrespons in beide studies gehad
het. Dit moet egter in gedagte gehou word dat melkrespons deur
verskeie faktore soos weidingkwaliteit,-toekenning en –bemesting
beïnvloed word, daarom moet
hierdie waardes slegs as ‘n riglyn
gebruik word. Bottervet- en
melkproteïeninhoud was onveranderd vir koeie op meerjarige
raaigrasweiding teen verskillende
suiwelkragvoerpeile. Die bottervetinhoud van koeie op kikoejoeweiding wat 8 kg suiwelkragvoer
onvang het, was egter laer as koeie
op die 4 kg suiwelkragpeil. Die
liggaamskondisie en -massa van
koeie wat meerjarige raaigras gewei het was onveranderd tydens
die proefperiode, onafhanklik van
die kragvoerpeil. Koeie wat met 8
kg suiwelkragvoer op kikoejoeweiding gesupplementeer was, het
egter meer liggaamskondisie en –
massa opgetel as teen laer peile.