Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 54

Johan Mouton, Tegniese bestuurder R&D, RCL FOOD Yvette Brits, Navorser, Afdeling Weiding, Dept Landelike, Omgewings en Landbou Ontwikkeling Photo: www.winlawn.com/wp-content/uploads/2016/02/Annual-ryegrass-Lolium-multiflorum-Pic-1.jpg O m waardetoevoeging tot sy produkreeks te bereik, evalueer RCL FOODS (Molatek & Epol) sy produkte binne produksiestelsels en verkry sodoende ’n volledige beeld van die totale bestuur van die stelsel. ’n Alternatiewe wyse van waarde toevoeging is om besproeide weiding in plek van ’n voerkraal te benut. Variasies bestaan van totale afrond tot waar diere slegs vir ’n kort tyd op die weiding geplaas word en daarna na die voerkraal gaan. Hierdie is van belang aangesien dit weidruk / aanvulling op die weiding bepaal. Indien afgerond wil word, word ’n laer weidruk toegepas teen ’n beter groei om seker te maak diere behaal ’n swaar gewig met afgeronde karkasse. Indien voerkraal voorbereiding toegepas word, word weidruk verhoog wat lei tot verlaagde daaglikse groei maar die totale kilogram vleis per hektaar verhoog. Individuele groei per dier is minder van belang binne hierdie stelsels en einddoel word in konteks met kilogram vleis per hektaar gesien. In die data wat volg is die produksiestelsel van afrond tot finale produk van besproeide weiding gevolg. Die data moet interpreteer word teen hierdie agtergrond waar die weiding as primêre bron van voeding gesien word met aanvulling om sodoende afgeronde diere te produseer. In hierdie studie is verskillende aanvullings op besproeide raaigras gegee ten einde die mees volhoubare stelsel te bepaal. Hoe en wat is gedoen ? Die proef is uitgevoer gedurende 2011 by die Potchefstroomse Landbou ontwikkeling sentrum wat as medewerker vir RCL FOODS optree. ’n Tetraploïde westerworld kultivar raaigras (Energa) is gebruik met standaard besproeide weidings bestuurspraktyke. Weiding is 24 uur per dag bewei met ’n aanvanklike weidruk van 9.7 gekastreerde speenkalwers/ha (220 kg). Diere is geslag aan die einde van die proef vir karkas-evaluasie. Drie behandelings groepe is gebruik met die proefuitleg soos getoon in Figuur 1. Wat het gebeur ? Die najaar van 2011 is gekenmerk deur buitengewoon baie reën wat die raaigras aanplanting belemmer Figuur 1. Proefuitleg Behandeling 1 Fosfaat Behandeling 2 Energie - Proteïen Behandeling 3 Energie Maande Aanvulling Hoeveelheid Aanvulling Hoeveelheid Aanvulling Hoeveelheid Apr Mei Jun Jul Aug Sept Okt Fosfaat (5% Fosfaat) Ad - lib Energie - Proteïen (9.5 MJ/kg, 16% Proteïen) Ad - lib Energie (10.5 MJ/kg, 4% Proteïen) Ad - lib Nov Des