Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 53

Figuur 2: Verdunningskurwe vir 3.1.2(20) helder HPH vloeibare produk. veilige pH vir gebruik in spilpunte. Die produk is ‘n mengsel van ammoniumnitraat, kaliumchloried, ureum en geneutraliseerde fosforsuur. Die NPK persentasies is 10% N, 3.3% P en 6.7% K. Soos hierdie produk, beskik Sidi Parani oor nog vele uitstekende produkte uiters geskik vir sproeibemesting. Baie belangrik vir produsente om in gedagte te hou is dat indien verdunnings reg gehou word, korrosie deur die kunsmis selfs nie ter sprake is nie, maar waar korrosie wel maklik plaasvind is wanneer verkeerde suur produkte gebruik word, asook waar spilpunte gelaat word met kunmis en water in die pype. Wanneer die spilpunt dus staan en bak in die son en warm word, vind korrosie plaas. Dit is dus baie belangrik dat spilpunte na elke bespuiting leeggemaak word. Dit gebeur ook BAIE dat produsente ‘n vloeibare produk met die absolute minimum water wil toedien. Groot versigtigheid moet hiermee aan die dag gelê word, want kunsmis en water bly ‘n chemiese produk. Dit beteken dat daar sekere chemiese wette, of begin- sels is, wat geld. Ons as gebruikers moet hierby aanpas en dit eerbiedig. Ons kan nie net ‘n towerstaffie swaai en besluit dat ons slegs 3 mm water gaan gee saam met 500 liter van bv. die 3.1.2(20) soos reeds genoem nie. Daar is ‘n berekening wat gemaak word om die minimum hoeveelheid water te bereken wat veilig is om saam met ‘n betrokke hoeveelheid kunsmis toe te dien. Hierdie waarde beskerm spilpunt en gewas. Bespreek hierdie beginsel gerus met u bemarker. Die oorsig van produkte en die beginsels van sproeibemesting is saamgestel deur Dr Chris Schmidt ([email protected]), werksaam by Sidi Parani Kunsmis. Verwysings Batchelor, J.T. & Palgrave, D.A., 1991. Glossary of Fluid Fertilizer terms. In Fluid Fertilizer: Science and Technology. Marcel Dekker Inc., New York. Bar-Yosef, B., 1991. Fertilization under drip irrigation. In Fluid Fertilizer: Science and Technology. Marcel Dekker Inc., New York.