Agri Kultuur March/ Maart 2016 | Page 49

waarvan daar minstens twee jaar se resultate beskikbaar is. Die riglyne bied ‘n verwysingsraamwerk waarbinne meer spesifieke aanbevelings/keuses behoort te val. Met die opstel van die aanbevelings en samevatting is die volgende faktore in aanmerking geneem:  Graanopbrengs;  Aanpasbaarheid en opbrengsstabiliteit;  Aanvaarbare graankwaliteit;  Siekteweerstand;  Agronomiese eienskappe soos omval, pitvastheid, uitloop, ensovoorts. Die aanbevelings is na oorweging van hierdie faktore per streek gedoen soos aangetoon in die tabelle en sluit die volgende inligting in: Kultivars;  Die optimum planttyd vir elke kultivar;  Die optimum plantdigtheid vir die spesifieke plantdatum. Plantdigtheid in kilogram per hektaar word ook beïnvloed deur duisendkorrelmassa en plantdatum;  Die aanbevelings geld slegs vir graanproduksie;  Die kultivars word nie in volgorde volgens opbrengspotensiaal aangedui nie. Hierdie riglyne word jaarliks deur die komitee hersien en aangepas vir die volgende seisoen. Die waarde van hierdie inligting is dat die prestasie van individuele kultivars in spesifieke jare, sowel as oor die medium termyn, met mekaar vergelyk kan word. Die groot variasie in klimaatstoestande, en die onvoorspelbaar- heid daarvan, noodsaak kultivarkeuses wat die risiko sal verlaag. Indien hierdie inligting saam met die ander kultivareienskappe gelees word, kan ingeligte besluite rondom die beste pakket van kultivars makliker gemaak word. Hierdie diens wat Kleingraaninsituut aan produsente verskaf is van onskatbare waarde, want elke produsent kan volgens sy eie unieke omstandighede ‘n produksieplan met behulp van die Produksiehandleiding daarstel. Behalwe vir kultivarkeuse, word onderwerpe soos algemene koringbestuur, wisselbouriglyne, grondbewerking, plantvoeding, grondsuurheid en onkruid-, plaagen siektebeheer, volledig hanteer. Deur hierdie produksieriglyne sinvol te gebruik, kan die produsent sy hulpbronne optimaal benut om winsgewend en volhoubaar te produseer. Vir elke koringprodusent is die boekie dus ‘n moet! Tydens ʼn opname wat onder koringprodusente gedoen is, was dit verblydend om te hoor dat koringboere die handleiding as ʼn geweldige belangrike bron van produksie-inligting beskou. Die handleidings is ook in CD formaat beskikbaar. Sou u verkies om die boekie dan eerder elektronies te gebruik, kontak ons asseblief. Indien u sou verkies om die boekie per pos te ontvang, kan u Eveline Mofokeng by (058) 307 3400 kontak. Die handleidings sal ook tydens die Nampo Oesdag van 17 – 20 Mei by Kleingraaninstituut se stalletjie in die Microbial Solution Saal beskikbaar wees.