Agri Kultuur Julie / July 2014 | Page 32

Artikel en Foto’s deur Henk Stander A kwaponika is glad nie nuwe tegnologie nie. Die ou Asteke van SuidAmerika het in 1 000 n.C. al reeds die verwantskap tussen visse, water en plante besef en het plante op drywende vlotte genoem “Chinanmpas” op die Circa meer gekweek. Vandag val die kollig opnuut op hierdie tegnologie en kan dit `n groot bydrae lewer tot voedselsekuriteit, die bekostigbaarheid van vars produkte, volhoubaarheid, `n verlaging in ons koolstofvoetspoor, algemene gesondheid van die verbruiker en voedingswaarde van eetbare plantprodukte. Akwaponika word gesien as `n produksiemetode wat aangewend kan word in die toekomstige produksie van vars organiese voedsel teen bekostigbare pryse en met minimum negatiewe impak op die omgewing. Akwaponika beteken letterlik `n kombinasie van hersirkulasie akwakultuur (visboerdery) tegnologie en hidroponika. Akwaponika soos ons dit vandag ken het sy ontstaan gehad in 1969 deur die navorsing wat gedoen is deur John en Nancy Todd en hul kollega William McLarney. Basiese Beginsels Die basiese beginsel van akwaponika is dat die afvalprodukte van visse in akwakultuur se mis, uitskeidingvloeistowwe en soute wat ryk is aan fosfate en stikstof, deur die vis se kieue saam met die water gesirkuleer word en dan deur die wortels van plante in ‘n ander groeitegniek herbenut word. Die wortels van die plante kan hierdie voedingstowwe weer benut en maak so ook die water deur filtrasie skoon voordat dit weer terugvloei na die visse toe. Die plante word gewoonlik binne `n plastiek tonnel of glashuis, wat ook sekere voordele inhou, verbou. Daar word sodoende`n beheerde omgewing geskep met sy eie mikroklimaat terwyl insekte en siektes ook weggehou word. Die seisoenaliteit van plantproduksie kan sodoende verlaag word deurdat produksieperiodes verleng kan word. Toepassing Aanwendingsmoontlikhede vir Akwaponika is legio. Dit kan op verskillende skale gedoen word bv. Op klein skaal in die agterplaas om vars produkte aan die huishouding te voorsien, op `n medium skaal by `n restaurant of hotel, of op `n groot kommersiële skaal as `n boerderyvertakking. Daar is verskillende ontwerpe en materiale wat gebruik kan word vir so `n stelsel. By akwaponika is die primêre produk die plante en die sekondêre produk is die vis. Daar kan ‘n groot verskeidenheid visspesies gebruik word alhoewel tilapia, wat ‘n baie geharde vis is en maklik is om te verbou, meestal gebruik word. Die Nyl Tilapia is die ideale spesie om te gebruik as gevolg van sy vinnige groeitempo. Ongelukkig is hierdie spesie uitheems tot Suid-Afrika en het die owerhede nog nie die Nasionale Nyl Tilapia Bestuursplan voltooi nie. Die alternatief is die Mosambiek Tilapia of die Israeli Tilapia. Tilapia vereis warm water en die water temperatuur moet bo 20˚C gehou word. Die Israeli Tilapia is meer kouebestand as die ander spe- Vistenks of akwakultuur verskaf die voedingstowwe vir plante in ‘n akwaponiesesisteem.