Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 9

veevoedingskundige te praat om seker te maak dat alle risiko’s in ag geneem is, om potensieel groot verliese te beperk. Druiwedoppe ingekuil en indien vir redelike lang tye gevoer, moet die kalsium:fosfor verhouding reggestel word. Weens die hoë energiewaarde van sitruspulp kan dit teen redelike vlakke in voere vir produksie diere gebruik word. Aartappels Prosopis (Prosopis glandulosa/ https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/3/3c/ Handful_of_Barossa_Valley_red_grape_marc.jpg Druiwedoppe (13.3% ruproteïene en 32% TVV op ‘n droë basis) geredelik beskikbaar in sekere dele van die Wes-Kaap naby groot wynkelders. Druiwedoppe kan met sukses as veevoer gebruik word en wit druiwedoppe is van groter waarde as rooi druiwedoppe weens die hoë vlakke van tanniene in rooi druiwe. Hoe meer sap uit die doppe gedruk is hoe minder waarde het die doppe (a.g.v. die suiker wat uitgedruk word). Druiwedoppe word goed deur herkouers gevreet en is oor die algemeen smaaklik. Sitrus pulp http://www.zfsinc.com/upload/zfs/images/ ingredientsbig/lightbox/citruspulp.jpg Sitrus pulp (6-13 % ruproteïne en 84-87% TVV op ‘n droë basis) is ‘n hoogsverteerbare en baie smaaklike voedingsbron vir herkouerdiere. Genoeg ruvoer met beskikbaar wees indien sitruspulp vir baie lang tye aan diere gevoer word. Sitruspulp word ook met welslae ongeveer 80% TVV op ‘n droëmateriaal basis) is in sekere streke as neweproduk beskikbaar. Rosyne is hoogs smaaklik en hoog in energie wat hoofsaaklik in die vorm van suikers (tot 72%) beskikbaar is. Rosyne kan selfs in produksierantsoene gebruik word en kan tot een derde van die graankomponent in herkouerdiëte vervang. Die voedingswaarde van rosyne word op 75-80% van die waarde van mielies geskat. http:// bloximages.chicago2.vip.townnews.com/ agriview.com/ Uitskot aartappels (9-11 % TRP en 79 % TVV op ‘n droë basis) word soms aan diere gevoer. Aartappels is hoog in stysel en dus energie en vars aartappels bevat ongeveer 7580% water. Aartappels word goed benut deur herkouers, maar moet verkieslik gekerf wees om verstikking by veral beeste te voorkom. Die voer van aartappels in laag geplaaste voerbakke of onder ‘n balk of kabel bo die diere se koppe by die voerbak help ook tot ‘n mate teen verstikking. Aartappels wat uitgeloop het bevat gifstowwe (alkaloïedes) in die spruite en moet nie aan diere gevoer word nie. http://www.petmd.com/sites/default/files/ rasins.jpg Rosyne Uitskot-rosyne (6-7% TRP en Source Wikipedia - Don A.W. Carlson juliflora/velutina) Prosopis of muskietbome kom wyd verspreid in sekere dele van die land voor en is een van die b V