Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 8

onderhou word. Dit is belangrik dat genoeg vreetspasie toegelaat word waar diere intensief gevoer word. Wanneer lekke voorsien word met ureum en groeistimulante moet diere eers vir die eerste week skoon sout ontvang. Onderstaande tabel is ‘n voorbeeld van ‘n produksielek wat self gemeng kan word en daarop gemik is om die rumen en weidingsinname te stimuleer. Grondstof Hoeveelheid in kg per ton Graan (bv. mielies/gars/hawer) 487 Oliekoekmeel (bv. katoen OK/kanola OK) 250 Sout 150 Ureum 35 Molassestroop/meel/poeier 25 Mono kalsium fosfaat 25 Voerkalk 20 Vitamien en minerale voormengsel 5 Voerswawer 2 Groeistimulante/ionofore Soos aanbeveel deur Veekundige Alternatiewe voerbronne Somtyds is alternatiewe voerbronne as droogtegewasse of as neweprodukte van ander industrieë as veevoer teen billike pryse beskikbaar. Onderstaande is enkele van die alternatiewe voerbronne wat beskikbaar mag wees. Weereens sal vervoerkoste ʼn belangrike faktor wees met die gebruik van alternatiewe voerbronne veral bronne met ‘n hoë voginhoud, omdat vir die vervoer van die vog/water ook betaal word. Om die werklike voedingswaarde te bereken en met ander bronne te kan vergelyk moet die voedingswaarde van die bronne eers op ‘n droë-basis bereken word. Dit word eenvoudig gedoen deur die nutriëntwaarde van die voer te deel met die droëmateriaal-inhoud van die voer (bv. indien die TVV van appelpulp 30% is en die pulp 60% vog bevat is die TVV op ‘n droëdosis 30/0.4 met ander woorde 75% TVV op ‘n 100% droë basis. Die vog of water gedeelte wat in die geval 600 kg per ton is moet egter in berekening met die prys van die voer gebring word. Indien die pulp byvoorbeeld R 500 per ton kos is die ware prys op ‘n droëmateriaalbasis R 1 250 per ton. Indien u van hierdie alternatiewe voerbronne wil gebruik moet u verkieslik ‘n veekundige raadpleeg om te verseker dat die insluiting van die voerbronne aan u spesifieke behoefte sal voldoen. Hoendermis Gesteriliseerde hoendermis en word somtyds vir onderhoud en in lekke van diere in droogtetye deur produsente gebruik. Kuikenhokmis (15-16% ruproteïne en 45% TVV op ‘n droë basis) is ‘n beter produk om te gebruik as lêhenmis, omdat laasgenoemde gewoonlik te nat is. Volgens wet moet die hoendermis gesteriliseer wees (om skadelike organismes te dood) voor gebruik in dierevoeding, anders is die voer daarvan teen die wet. Hoendermis as veevoer (gewoon of gesteriliseerd) hou egter steeds risiko in wanneer dit vir diere gevoer word en eerstens moet diere ingeënt wees teen lamsiekte (clostridium botulinum) voordat dit gebruik kan word. Ander gevare is die teenwoordigheid van sekere ionofore of groeistimulante (bv. maduramycin) wat dodelik kan wees vir alle herkouers asook te hoë kopervlakke vir skape. Verder kan toksiene a.g.v. swamgroei, weens hoë vog in die mis, aborsies by dragtige diere veroorsaak. Voordat hoendermis in veevoer of lekke gebruik word behoort die produsent eers met ‘n https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/7/78/Florida_chicken_house.jpg