Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 76

Artikel deur Engela Duvenage R y mens verby die spogseunskool Paul Roos Gimnasium se krieketen hokkievelde op pad na die Stellenbosse woonbuurt Dalsig, lê ‘n een hektaar wingerd aan jou linkerkant. Dié wingerd met die mooie naam van Krigeville (dieselfde as die woonbuurt waarin dit lê) behoort aan die Universiteit Stellenbosch. Vir jare was dit waarheen Matie wingerd- en wynkundestudente in klastyd gegaan het om te leer oor verskillende ou kultivars. Dié stokke is egter aan die begin van die millennium uitgehaal. ‘n Nuwe demonstrasiewingerd is toe geplant langs die Paul van der Bijlgebou, op pad na die Universiteit se Welgevallen Proefplaas. Rondom 2000 is Cabernet Sauvignon toe in die Krigevillewingerd aangeplant. ‘n Gedeelte van die druiwe wat gebruik is vir die 2014 Die Laan Cabernet Sauvignon, wat tans vanuit die Universiteit se nabygeleë Welgevallen Kelder verkoop word, kom uit dié einste wingerd. Kelder- Vierdejaar-studente van die Universiteit Stellenbosch wat BSc Agric (Wingerd en Wynkunde) studeer, neem jaarliks aan ‘n snoeikompetisie in die Krigeville wingerd deel Winners US Viticultural Students Pruning Contest 2015