Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 71

Artikel deur Hans Lombard T wee van die wêreld se befaamde en hoogs gerespekteerde gesondheid- en voedselveiligheid gesaghebbendes – Die Europese Voedselveiligheidowerheid (EFSA) en Kanada Gesondheid – het onomwonde bevestig dat glifosaat, die aktiewe bestanddeel in die wêreld se gewildste onkruiddoder, Roundup, “onwaarskynlik kanker in mense kan verwek; en geen gesondheidsrisiko vir boere en ander bedrywe inhou wat die produk hanteer nie”. Kobus Steenekamp, besturende direkteur van Monsanto, SuidAfrika, wat die verklaring in Johannesburg bekend gemaak het, het gesê: “Dit is ’n ondubbelsinnige verwerping van die gevolgtrekking in Maart 2015 deur die Internasionale Agentskap vir Kankernavorsing (IARC) wat glifosaat gelys het as ‘waarskynlik kankerwekkend by mense’. "Die EFSA gevolgtrekking in die eweknie-beoordeelde oorsig van die plaagdoder se risiko-evaluering van glifosaat is in die EFSA-joernaal 12 November 2015 gepubliseer. In kontras met die IARC se evaluasie, het die EU se eweknie (peer reviewed) deskundiges, met slegs een uitsondering, tot die gevolgtrekking gekom dat dit onwaarskynlik is dat glifosaat ’n kar- sinogeniese potensiaal inhou volgens Regulasie (EC) Nr. 1272/2008. Glifosaat is nie geklassifiseer as, of van voorneme om geklassifiseer te word as karsinogenies of toksies nie. EFSA se gevolgtrekking bevestig dat die oorweldigende gewig van bewyse deur dekades se navorsing op glifosaat geen geloofwaardige data opgelewer het om ’n verbintenis met glifosaat en kanker te staaf nie." Op hul beurt het wetenskaplikes van die Pest Management Regulatory Agency (PMRA) van Kanada in April 2015 tot die gevolgtrekking gekom dat "glifosaat geen gesondheidsrisiko inhou vir boere en ander beroepe wat die produk hanteer nie. Dié inligting is op Health Canada se webblad gepubliseer. Plaagbeheermiddels word slegs in Kanada geregistreer indien die vlak van blootstelling nie skadelik vir Kanadese is nie, insluitende kanker." “Ek hoop dat dié inligting die aanhoudende, ongestaafde gesanik van die anti-GMO aktiviste dat glifosaat ’n gesondheidsrisiko is, tot ruste sal bring,” het Steenekamp gesê. Hy het bygevoeg dat van die ander items wat ook onder Kategorie 2 deur IARC in dieselfde kategorie as glifosaat ingesluit is, is ingelegde groente, aalwynekstrak en koffie, Image: https://i.ytimg.com/vi/d95FL_b1B0U/maxresdefault.jpg asook beroepe soos dié van haarkapper of ’n braaikok. Roundup Ready is langer as 40 jaar in die mark en deur regulatoriese owerhede in meer as 30 lande goedgekeur. Dit is steeds die wêreld se markleier in plaagbeheer. In Suid - Afrika het regulatoriese owerhede die produk die laagste veiligsheidsgradering gegee – 'n blou-etiket (versigtig). Geel is skadelik en rooi is toksies. Steenekamp het daarop gewys dat Monsanto nie meer die alleenvervaardiger van glifosaat is nie. Daar is verskeie rolspelers in die bedryf. “Ook as verbruikers slaan almal in diens van Monsanto die veiligheid van ons produkte baie hoog aan. Ons maatskappy is gebou op die fondamente van wetenskap. Alle geëtiketteerde gebruik van glifosaat is veilig vir mense se gesondheid. Dit word ondersteun deur een van die mees ekstensiewe databasisse beskikbaar ter wêreld. Ons is vol vertroue dat die veiligheid van glifosaat ’n waardevolle produk vir produsente, tuiniers en ander verbruikers sal wees,” het Steenekamp beklemtoon. Vir meer inligting skakel Kobus Steenekamp 082 388 0219.