Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 6

Foto: Chris Kriel D roogtes van variërende intensiteit is ‘n algemene verskynsel in Suid-Afrika, en meer as die helfte van die subkontinent is onderhewig aan periodieke droogtes. Die huidige droogte is egter een van die mees wydverspreide droogtes in SuidAfrika in die onlangse tye. Die handhawing van die status van die veldweiding, as goedkoopste bron van voeding vir herkouerproduksie, moet die basiese uitgangspunt van ‘n droogtestrategie wees, alhoewel dit baie moeilik is om te handhaaf tydens rampdroogtes soos die huidige een. Die benadering tot droogtevoeding sal verskil van streek tot streek en kan die vorm aanneem van aanvullende voeding tydens seisoenale droogtes, beskikbaarstelling van droogtebestande voergewasse in streke wat onderhewig is aan periodieke droogtes tot oorlewingsvoeding tydens rampdroogtes waar diere van die veld onttrek moet word tot onderhoudsvoeding waar kernkuddediere slegs genoeg voer Artikel deur Prof Ters Brand Direktoraat Veekundige Wetenskappe, Departement van Landbou: Wes-Kaap ontvang om hulle liggaamsmassa te handhaaf of selfs net te oorleef. Die volgende praktiese wenke mag help met die besluitneming tydens rampdroogtes. Voerbenodighede met kraalvoeding Een 60-kg ooi benodig ongeveer 1.5 kg droëmateriaal per dag om haar liggaamsmassa ten minste te handhaaf. ‘n Troppie van 100 ooie benodig dus ongeveer 55 ton voer per jaar. Indien goedkoop /eie geproduseerde voer beskikbaar is teen ongeveer R 2 000 per ton sal dit dus R 110 000 per 100 ooie of R 1 110 per ooi per jaar kos slegs aan onderhoudsvoer. Indien die ooi in produksie is praat ons van ten minste 2.3 kg droëmateriaal per ooi per dag en met ‘n prys van R 2 500 per ton vir voer kos dit dus R 2 100 per ooi per jaar slegs aan voer, sonder die voerkoste vir die lam. Indien moontlik moet die getal diere wat dus ten volle gevoer moet word dus beperk word, anders kan die waarde/koste van die voer die waarde van die diere oorskry. Koste en waarde van voer Die totaal verteerbare voedingstof (TVV) en ruproteïen-inhoud van enkele van die belangrikste rou grondstowwe vir veevoer (100% droëmateriaal-basis) word in die onderstaande tabel weergegee. Tydens droogtes is veral die energie inhoud (TVV) van belang, hoewel die ruprotein-inhoud ook ‘n belangrike rol speel in die koste van die voer. Proteïen-tekorte kan egter in ‘n onderhoudsvoer met redelike bekostigbare nie-proteïen stikstof (NPN in die vorm van byvoorbeeld ureum) aangevul word. Dit is dus belangrik om die waarde van die voer met die prys daarvan te vergelyk om ‘n ingeligte besluit te kan neem. Waar eie geproduseerde ruvoer ‘n belangrike bron van droogtevoeding mag wees is dit moontlik dat dit beter mag wees om konsentrate as aanvulling in plaas van ruvoer aan te koop weens die hoë vervoerkoste van veral laegraadse ruvoer.