Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 59

aandeelhouding in die masjien, volgens die werklike gebruik van die masjien, of betaal elke aandeelhouer vir breke wat plaasvind terwyl hy die masjien gebruik. Daar moet ook ooreengekom word of die koste van gewone dienste volgens aandeelhouding of werklike gebruik verdeel gaan word. Verder moet daar duidelike riglyne wees waaraan elke aandeelhouer moet voldoen wat betref ghries, olie vlakke nagaan en was van die masjien. Vervanging van die masjien: Daar moet ‘n duidelike beleid wees oor vervanging van die masjien, met ander woorde na hoeveel jare / seisoene / ure gaan die masjien vervang word. Daar moet ook besluit word of die masjien opgradeer gaan word as beter modelle beskikbaar is en of die masjien net met ‘n soortgelyke masjien vervang gaan word. Uittrede van ‘n aandeelhouer: Een van die mees algemene probleme by die gesamentlike aankoop van masjiene kom voor wanneer een of meer van die aandeelhouers nie meer hulle aandeel wil hê nie, maar die oorblywende aandeelhouers ook nie hulle aandeel wil oorkoop nie. Daar moet baie duidelike riglyne wees of die oorblywende aandeelhouers in so ‘n geval verplig sal wees om die aandeelhouer uit te koop of nie, en indien wel hoe die waarde van sy aandeel bereken gaan word en die betaalterme wat sal geld. Indien al bogenoemde punte deeglik deurdink word en daar konsensus oor al die punte bereik word wat deeglik op skrif gestel is, kan die gesamentlike aankoop proses glad verloop en is dit ‘n wen-wen situasie vir almal betrokke. So-nie kan dit maklik in ‘n familietwis of kwaai-vriendskap tussen buurmanne lei. Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA) Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Groep (Edms) Bpk Tel: 02334 22374 Epos: [email protected] Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.