Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 58

W eens die hoë koste van landbou masjinerie en die feit dat baie landbou masjinerie net vir kort tye van die jaar gebruik word raak die gesamentlike aankoop van duur masjinerie al gewilder in die landbou. Broers, neefs of buurmanne wat nie individueel genoeg hektare het om duur masjinerie te regverdig nie, koop dikwels parsmasjiene, stropers, selfloper spuite, vragmotors, snoei-masjiene, topmasjiene, stootskrapers of slootgrawers saam om sodoende die kostes te deel. Dit is ‘n goeie besigheidsbesluit wat ekonomies sin maak, maar die praktiese hantering van die gesamentlike aankoop proses moet goed deurdink word en op skrif gestel word om onenigheid in die toekoms te voorkom. Die belangrikste aspekte waaroor ooreengekom moet word is die aandeelhouding in die masjien, die werklike gebruik van die masjien, operateurs en ander praktiese oorwegings, onderhoud van die masjien, vervanging van die masjien Artikel deur Arnand Stofberg Boshoff Visser en die uittrede van ‘n aandeelhouer. Aandeelhouding in die masjien: Daar moet ooreengekom word watter persentasie aandeel elke aandeelhouer in die masjien wil hou, en dit hoef nie noodwendig gelyke aandeelhouding te wees nie. Werklike gebruik van die masjien: Die werklike gebruik van die masjien deur die betrokke aandeelhouers stem selde presies ooreen met die persentasie aandeelhouding in die masjien, so daar moet vooraf ooreengekom word teen watter tarief die masjien gebruik gaan word en of gebruik volgens ure, tonne of hektare bereken gaan word. Die grootste praktiese probleem is wie mag wanneer die masjien gebruik, aangesien dit dikwels by veral parsmasjiene en stropers gebeur dat meer as een aandeelhouer gelyktydig die masjien nodig het. Daar moet dus vooraf bepaal word hoe sulke situasies hanteer gaan word. Operateurs en ander praktiese oorwegings: Die aandeelhouers moet vooraf ooreenkom of een van die aandeelhouers ‘n operateur gaan verskaf en dan deur die ander aandeelhouers daarvoor vergoed gaan word en of elke aandeelhouer sy eie operateur moet verskaf. Indien elke aandeelhouer sy eie operateur verskaf moet daar vooraf besluit word watter opleiding operateurs moet kry alvorens hulle toegelaat sal word om die masjien te gebruik. By sleepmodel parsmasjiene, snoeimasjiene en topmasjiene moet daar ook vooraf besluit word of een van die aandeelhouers ‘n trekker gaan verskaf teen vergoeding en of elke aandeelhouer sy eie trekker moet verskaf. Daar moet ook besin word waar die masjien gestoor gaan word vir die tydperk wat die masjien nie gebruik word nie en of die aandeelhouer by wie die masjien gestoor gaan word vir stoorkoste vergoed gaan word of nie. Onderhoud van die masjien: Daar moet besluit word op watter basis herstelkoste gedeel gaan word as iets sou breek, volgens die