Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 43

Figuur 2. Wortelgewig-afname (%) vir Themeda triandra weens waterstremming (1, 2 en 3 weke) teen verskillende frekwensies (weekliks, elke 2, 3, 4, 6 en 8 weke) en 25 mm hoogtes ontblaar (oor ‘n agt weke periode toegepas). ‘n Nie-stremmingsbehandeling is ook ingesluit. sonder ontblaring was die afsterwing vir 1, 2 en 3 weke se stremming onderskeidelik 8, 20 en 33%. Indien die grasse dus onder hierdie omstandighede (soos reeds bespreek is onder die beginsel van ‘n vierkampstelsel) vir 3 weke na ontblaring nie enige water ontvang nie is die impak van net water- stremming veel groter as die van net ontblaring. Ontblaring en waterstremming moet dus gesamentlik beskou word indien die werklike impak van wortelafsterwing en ekosisteem funksionering verreken wil word. Die algemene afleiding kan dus gemaak word dat hoe meer gereeld smaaklike weiplante ontblaar word en dit opgevolg word deur hetsy ‘n strawwe of minder strawwe droogte periode, hoe groter die impak daarvan op wortelafsterwing en hoe groter die komponent laer produktiewe weiplante op die plaas. Gids tot volhoubare produksie van weiding Die gewilde weidingboek saamgestel deur professor Hennie Snyman (Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde, Universiteit van die Vrystaat) is pas herdruk. Beskikbaar by: [email protected] Tel 021 4064962 R400 plus posgeld Kan ook direk elektronies bestel word deur te gaan na: www.landbou.com Gaan heel na “winkel”, en kies dan “weidingboek.” Die boek kan dan met ‘n Kredietkaart bestel word. ‘n Moet vir elke vee- en wildboer!