Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 41

Figuur 1. Afname in wortelgewig (%) vir Themeda triandra weens verskillende ontblaringsfrekwensies (weekliks, elke 2, 4 en 6 weke), op 25 mm hoogte ontblaar en oor 12 weke toegepas (onder optimale grondwater). 81% (67% vir 50 mm hoogte) was. Elke tweede week se ontblaring het self ‘n drastiese impak op wortelgewig oor ‘n 12 weke periode getoon, naamlik 65% afname. Die vier- en sesweeklikse ontblarings se wortelgewigafname oor 12 weke van onderskeidelik 35 en 21% was wel die laagste, alhoewel gesien teen die agtergrond van optimale grondwatertoestande wat geheers het is dit steeds iets om van kennis te neem of bekommerd oor te raak (Foto 1). Volgens navorsing in die veld uitgevoer is die kanse goed dat binne ‘n normale vierkampstelselbeginsel met weiperiodes van 30 dae per kamp en normale weidingsdruk, hergroei van dieselfde graspol ongeveer elke 14 dae plaasvind. Indien bogenoemde beginsel van 30 dae weiperiode van toepassing gemaak word op Figuur 1, sal elke tweede week van ontblaring vir die eerste, tweede en derde maande van ontblaring ‘n afname in wortelgewig van onderskeidelik 19, 50 en 65% in die hand werk. In ‘n dominante rooigrasveld blyk, ‘n weiperiode van nie langer as 30 dae in ‘n kamp, dus die veiligste opsie te wees vir volhoubaarheid. Hou verder ingedagte dat Figuur 4 se resultate onder optimale reënvaltoestande (geen waterstremming) verkry is. Droogte se impak op produktiwiteit word later volledig bespreek. Met hierdie herontblaring van smaaklike grasse elke 14 dae sal die wortelstelsel van die smaaklike spesies aansienlik afsterf ten koste van groeikragtigheid. Met ‘n droogte wat meer die reël as uitsondering in groot weivelddele is, sal die impak van wortelafsterwing nog veel erger wees soos in Figuur 1 aangetoon, en sal smaaklike grasspesies nie tot dieselfde mate vir plantvoeding- stowwe en beskikbare grondwater kan kompeteer met die onsmaaklikes nie. Gevolglik is die risiko in sulke gevalle baie groot dat smaaklike grasspesies se hergroei verswak en kan selfs tot grootskaalse afsterwing aanleiding gee. Hierdeur sal die weiveld se toestand (gesondheid) ook afneem en minder diere op die veld aangehou kan word, wat weer die boer se sak direk raak. Tydens ‘n glashuisstudie was dit duidelik dat onder optimale grondwatertoestande daar tot op 8 en 10 weke van onderskeidelik weekliks en elke tweede week ontblaring op 25 mm hoogtes, steeds voldoende hergroei vir beide skape en beeste was om te benut. Waar die grasse op 50 mm hoogte ontblaar is, was daar tot op 12 weke voldoende hergroei vir benutting deur skape en/of beeste vir al die frekwensies van ontblaring. Van 4 tot 6 weke se strawwe