Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 39

in die plaagbevolking uitgewis. Die weerstandbiedendes in die bevolking teel dan met die oorblywende vatbare indiwidue en vestig dus geneties weerstandbiedenheid in daardie indiwidue. Dit wil sê die paar oorblywende “dommes” se nageslag word slimmer en as die siklus ‘n paar keer herhaal word dan is daardie nageslagte superslim of totaal weerstandbiedend. Die tweede metode waarop weerstand in die bevolking ontwikkel is wanneer die plaagdoder oormatig gedoseer word. Dit het tot gevolg dat die hele vatbare deel van die bevolking uitgewis word en slegs die weerstandbiedende deel van die bevolking oorbly. Hulle teel dan sorgvry aan en in komende geslagte is daar geen manier om hulle met die betrokke plaagdoder te beheer nie. ‘n Derde metode van weerstandontwikkeling is om plaagdoders van dieselfde groep in kort siklusse na mekaar te gebruik. Weereens kelder mens die vatbare deel van die bevolking want hulle het nie genoegsame tyd om te teel en ‘n vatbare deel van die bevolking voort te plant nie. Nou wat gemaak om weerstand te voorkom? Dit is tegnies onmoontlik om weerstand heeltemal uit te skakel want die oomblik as plaagbeheer begin word die eerste saadjie van weerstand gevestig. Ons kan bloot weerstand uitstel deur slim te werk te gaan naamlik: (1) alle plaagdoders presies volgens etiketvoorskrifte te gebruik, veral betreffende dosis en doserings-intervalle, (2) plaagdodergroepe met mekaar af te wissel soos byvoorbeeld diamiede af te wissel met peritroiede (3) konstante monitering van plae, siektes en onkruide in plek te sit sodat enige weerstand vinnig waargeneem kan word en teenmaatreëls dadelik in plek gestel kan word en laastens (4) geïntegreerde plaagbeheer toe te pas. Photo: https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/5b/Weisse-Fliege.jpg Een van die grootste foute wat ‘n produsent kan maak om weerstand teë te werk is om, wanneer dit waargeneem word, die dosis te verhoog of doseringsintervalle te verkort. Dit verhaas net die pad na totale weerstand en kelder die produsent se plaagbeheer. Deur die dosis te verminder is net so sinneloos want die klein vatbare deel van die plaagbevolking gaan net meer en meer met die weerstandbiedende deel teel en die weerstandindeks in die hele bevolking verhoog. Produsente behoort by hul verskaffers, plantwetenskaplikes, entomoloë, mikrobioloë, onkruidkundiges en mikoloë aan te klop vir raad oor weerstandbestuur. CropLife Suid-Afrika wat die plantbeskermingsbedryf se bedryfsorganisasie is, het ook baie kundiges wat met raad kan bystaan. Kontak ons by 011-805-2000 of [email protected].