Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 33

lei. Haarwortels is die enigste manier om Ca effektief in die plant op te neem. Die grondstruktuur verswak met die verhoging van die NAV en kan moontlik permanent verbrak. Plante neem nie normaalweg groot hoeveelhede Na op nie, maar hoër vlakke van Na in die grondoplossing van die wortelsone belemmer die verlenging van selle (elongation) (Kafkafi,1991) Na kompeteer met die Ca2+by die spesifieke opname plekke in die selwandsone. (Yermiyaho et al, 1997) Deur die konsentrasie van die Ca2+ te verhoog, word die belemmeringseffek van die Na in die wortelsone verminder. Yermiyaho et al, (1997) het getoon dat tot en met 40 millimol NaCl in ‘n oplossing die Ca2+ met die Na kan kompeteer om normale wortelontwikkeling te kan bewerkstellig. Vir die redes is die uiters belangrik om genoegsame Ca2+ in die wortel- sone te handhaaf vir die vorming van ’n optimale wortelstelsel sodat die opname van ondermeer Ca verbeter kan word. Ca neem ook ander belangrike elemente saam op deur die “gravitasie-effek' van die molekulêre grootte. Daarom is dit nog meer belangrik om te verseker dat die omgewing vir optimale Ca opname gehandhaaf word. Die gebruik van Complex Calsus of CCM (ultrafyn gemikroniseerde kalk) wat as wortelsone behandeling toegedien word, verseker die verhoging in die Ca2+ vlakke. ’n Blaarbespuiting van Gliogrow (ETP ensiem) verhoog die metaboliese aktiwiteit van die plant en die vorming van haarwortels. Dit komplementeer die beskikbare Ca2+vir die optimale Ca opname deur ’n gesonde wortelsone. Die gebruik van Complex SuperCa as blaarvoeding voltooi die prentjie vir optimale Ca vlakke in die plant deur al die JJ van der Merwe 083 542 3106 [email protected] RJJ van Schalkwyk 082 452 8983 [email protected] Die Lusern is met 1L/Ha Gliogrow bespuit 10 dae na elke snysel. Oonddroog tabak in Groot Marico twee behandelings van 1L/ha per behandeling met Gliogrow ‘n organise/biologiese groeistimulant Die grondbone is weeer net met Ultrafyn Gemikroniseerde kalk breedwerpig met trekker spuit toegedien