Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 10

indringer plante. Peule moet dus gemaal word voor gebruik en diere moet in gevalle waar heel peule gevoer word in kraal gehou word vir ten minste 10 dae om te verseker dat pitte nie buite die kraal versprei nie. Turksvye Noordweste van Kaapland alleen 1 miljoen soutbosplantjies aangeplant. Oumansoutbos het ‘n redelike hoë voedingswaarde ( 1520% TRP en 60% TVV op ‘n droë basis) en ‘n baie hoë drakrag. Oumansoutbos is effe onsmaaklik weens die hoë natrium-inhoud, maar ‘n geharde plant met ‘n baie hoë potensiaal as veevoer. Voldoende vars water moet beskikbaar wees vir diere wat soutbosse bewei. Kitsgroenvoer Algemeen Droogtevoeding is ingewikkeld en die produsent kom voor ʼn ingewikkelde reeks besluite te staan. Alhoewel droogtevoeding duur mag wees behoort die produsent te probeer om sy basis kudde teen alle koste te behou. Hierdie kernkudde ken die plaas en is reeds aangepas in die omgewing en op die spesifieke veld. Na die droogte sal dit ook baie moeilik en duur wees om weer goeie gehalte teeldiere te bekom. https://pixabay.com/static/uploads/ photo/2014/03/09/13/50/prickly-pear-283751_960_720.jpg Turksvye (ongeveer 6% ruproteïene en 70% TVV op ‘n droë basis) is ‘n welbekende droogtebestande gewas en is vroeër in groot hoeveelhede in die droogte geteisterde gebiede van Suid-Afrika aangeplant. Turksvy blaaie kan saam met die nodige proteïn en vesel as onderhoudsdieet vir herkouer diere gebruik word. Turksvy blaaie moet geprosesseer word (in stukke gekap) vir beter benutting. Wanneer turksvy blaaie as enigste voerbron gebruik word kan dit lei tot diarree by diere. Soutbosse https://upload.wikimedia.org/wikipedia/ commons/6/61/Atriplex_nummularia.JPG Alhoewel oumansoutbos tans as groep 2 onkruid verklaar is, omdat dit ‘n uitheemse gewas is, is byvoorbeeld net in 1984 in die http://static1.1.sqspcdn.com/static/ f/455611/23909719/1384732912860/day6.jpg? token=btVQwtry91GVoV3mYXLWRQq7BLE%3 Reeds in die sewentigerjare is stelsels vir die produksie van kitsgroenvoer, m.a.w. graan (gewoonlik gars) wat vir ongeveer 7 dae toegelaat word om in bakke met baie watertoediening uit te groei, in Suid-Afrika bemark. ‘n Uitgebreide verslag uit Australië sowel as plaaslik werk in Suid-Afrika dui egter daarop dat die werklike totale voedingswaarde van die graanpitte min verander en meestal slegs akkumulasie van vog plaasvind. Swamgroei hou ook groot gevaar vir diere in en die stelsel word nie op grootskaal in diereproduksie gebruik nie. Dit is belangrik om by kitsgroenvoer wat tot 85% vog bevat die werklike droëmateriaal produksie van die produkte te bereken deur die vog/ water se massa van die totaal stermassa af te trek. Waar die graanpitte dus ongeveer 900 kg per ton droëmateriaal bevat, die kitsgroenvoer slegs 150 kg per ton droë materiaal. Foto: Chris Kriel