Musiek 247 Vol 2 | Page 9

9

Vir letterlik duisende jongmense is Anaïs ’n lig van inspirasie en dit weerspieël in die goue status wat haar album, "Anaïs", onlangs behaal het.

Sy is meer as net ’n sanger wat haar eie droom ten volle nastreef. As nasionale ambassadeur van LifeLine Ekurhuleni is die beeldskone Anaïs ’n pro-aktiewe ondersteuner van die emosionele en fisiese welstand van haar naaste.

Anaïs is in Benoni gebore en het in Alberton opgegroei, waar haar familie steeds woonagtig is. Op die vroeë ouderdom van ses het sy reeds met musiekonderrigting begin en aan Eisteddfod-kompetisies deelgeneem. Sy het vertel dat dit nog altyd haar droom was om te sing en om haarself en haar gevoelens deur sang uit te leef en dat haar geliefdes haar nog altyd ten volle ondersteun.

As negejarige het sy as lid van die Cantare Kinderkoor aan die Wêreld Olimpiade in China gaan deelneem. Daarna het sy aan nog twee afsonderlike olimpiades in Oostenryk en Wallis gaan deelneem waar die koor as die algehele wenners aangewys is.

“Dit was voorwaar ’n voorreg,” het sy vertel sy gesê dat sy juis dáár besef het dat dit tyd was om haar “klassieke skoene” vir iets te verruil wat meer eg aan haarself is.

“Dit is waar ek met ’n acoustic-rock genre of musiek met gevoel begin het,” het Anaïs verduidelik.

Sy het die hulp van kenners soos Malie Kelly (stemafrigter van Idols SA), Ivor Jones (’n verhoog- en voorkomskenner) en Quintus Jansen (ervare choreograaf) ingespan om haar ten volle gereed te maak vir haar professionele sangloopbaan. “Hulle opleiding, tesame met my amazing bestuurspan en Vonk Musiek se ondersteuning, was die wind onder my vlerke. Vandag lééf ek my droom danksy hulle en deur die Here se genade,” het sy gesê.

Deur haar toewyding aan LifeLine Ekurhuleni lewer dié dinamiese jong dame ook ’n waardevolle bydrae tot die gemeenskap. LifeLine is in 1970 in Ekurhuleni (voorheen bekend as Oos-Rand) gestig om vir lede van die gemeenskap toegang tot ’n 24-uur telefoniese diens te bied om probleme soos sielkundige en sosiale spanning assook trauma met gratis berading te behandel. Daar is jaarliks ongeveer 3600 mense wat van hierdie diens gebruik maak.

Anaïs was opgewonde oor die geleentheid om saam met hierdie liefdadigheidsorganisasie te werk. “Om te sing is my passie maar ek wou nie (blaai om)

'n Ligstraal vir ander

Marshall Music and the

Anaïs Be Your Dream Project